Sien jy goed genoeg na jou mond om? Hier is waardevolle wenke
Christa Swanepoel
Alles begin by basiese mondgesondheidsorg en higiëne. Dit is eenvoudig: borsel jou tande gereeld met ’n goeie tandepasta en tandeborsel ná etes, snoephappies en voor jy gaan slaap, vlos elke dag en gebruik ’n mondspoelmiddel. Een keer se vlos per dag raak van plaak ontslae wat die tande, tandvleis en omliggende been kan beskadig. Tandvleissiektes kan inderdaad daartoe lei dat jy op die duur tande verloor. Gebruik ’n tandepasta wat fluoried be vat om jou tande teen tandbederf en gaat jies te beskerm. Gereelde besoeke aan jou tandarts of mondhigiënis en profes sionele reiniging van die tande is ook ’n noodsaaklike deel van tandsorg. Eet gesonde kos, soos volgraan, vrugte, groente en kalsiumryke kos, wat ook tot ’n vars asem en gesonde glimlag sal bydra. Oormatige hoeveelhede rooiwyn, tabak en suikerkosse kan jou tande vlek en tot ’n slegte asem aanleiding gee. Dis belangrik om ook jou tong skoon te maak vir ’n gesonde mond en vars asem. Kies hiervoor ’n tandeborsel met ’n tongskraper of ’n tandeborsel met sagte vesels en borsel jou tong vorentoe en agtertoe. Tongreiniging is veral belangrik vir mense wat rook en wie se tong diep slootjies het en aangepak is. Om jou teen gingivitis te beskerm word gereelde borsel en vlos aanbeveel omdat dit van bakterieë in die mond ontslae raak.
SOURCES
Verskaf