Ouers het dikwels groot waardering vir die belangrike rol wat hul ouers in hul kinders se lewens speel, maar soms word grense ‘n probleem. Kenners gesels in ons 8 Julie-uitgawe. Lees hier verder
ANSJA FERREIRA
ROL VAN GROOTOUERS
Dr Hermanean Laauwen, opvoedkundige sielkundige, verbonde aan die Vita Nova-beradingsentrum, Elarduspark, Pretoria-Oos, vertel meer oor die rol van grootouers in hul kleinkinders se lewens.
“Oumas is belangrik veral vir derdekultuurkinders. Om ‘n ouma of oupa te hê in die land waarin jy gebore is, is baie belangrik. Dit is ‘n soort anker en noodsaaklik vir die kind om te weet waar hul vandaan kom (van ‘n lewende verbinding tot ‘n verlede wat onthou word). Grootouers kan vertrouelinge en gewers van wysheid vir kinders wees en kinders kan op hul beurt is meer ontvanklik vir hul advies, as vir hul ouers s’n.
Hierin is die elemente van verbondenheid duidelik uitgebeeld ten opsigte van erfenis en kultuur.
Kyk wat sê kinders oor oupas en oumas:
“Oumas is belangrik vir ons, want hulle hoef nie die las te dra om kleinkinders te dissiplineer nie – dit is wat ons ouers moet doen, daarom hoef ons slegs vir hulle liefde te gee. Oumas laat jou doen waaroor jou ouers frons, soos om ons bangmaakflieks te laat kyk en om karamel op roosterbrood vir middagete te eet.
Hulle leer jou om dankbaar te wees vir wat jy het, omdat hulle dit baie erger gehad het. Dankie tog vir Oumas! (Gabriella, 18 jaar).
Dit is duidelik dat die gevoel rondom grense baie meer ontspanne is by grootouers.
Die volgende is die gedagtes van ‘n grootouerpaartjie wat grootouers vir ‘n seun en dogter is:
“Om ‘n grootouer te wees, is sonder twyfel ‘n groot voorreg en kan werklik baie vervullend wees op soveel maniere. Soortgelyk vanaf ‘n kind se perspektief, behoort ‘n grootouer ook hopelik as ‘n voorreg beskou te word en as ‘n plesier om te hê, want geeneen van die twee kan mekaar as vanselfsprekend beskou nie. Om ‘n soliede en positiewe verhouding tussen grootouer en kleinkind te ontwikkel en te bou, is nogtans die sleutel om die meeste uit so ‘n verhouding te kry. In hierdie verband, het grootouers duidelik ‘n noodsaaklike rol te speel en moet daarom die leiding neem wat volwassenheid en ondervinding betref.
Die begrip van ‘n wedersyds voordelige verhouding kom duidelik in die volgende na vore:
“Deur beskikbaar te wees om te help en steun te gee aan kleinkinders en hul ouers, waar en wanneer dit moontlik is, is grootliks ‘n natuurlike neiging en een wat grootouers geniet, gewoonlik as gevolg van die geleenthede wat dit skep dit vir direkte interaksie met hul kleinkinders. Dit is veral wanneer grootouers afgetree het en oor die algemeen meer tyd beskikbaar het om dit te doen. Terselfdertyd bring dit grootouers ook gereeld op datum van hoe hul kleinkinders grootword en ontwikkel, fisiek en geestelik. Wat belangrik is, is dat grootouers dan ook makliker in kleinkinders se lief en leed kan deel en bykomende aanmoediging en ondersteuning kan voorsien waar nodig.”
“Ek dink dat die kritiese punt hier is dat baie grootouers vandag steeds van nege tot vyf werk. Selfs al wil hulle dalk graag uithelp, moet hul spesifieke situasie/konteks in ag geneem word.
Die stel van duidelike grense is ‘n ander belangrike aspek van die verhouding tussen grootouers en kleinkinders, veral om te verseker dat daar ‘n goeie wedersydse verstandhouding is van wat aanvaarbaar en daarom toelaatbaar is en wat onaanvaarbaar en buite perke is. Dit is van toepassing op woorde en dade en is in werklikheid ‘n noodsaaklike bestanddeel om ‘n gesonde persoonlike verhouding te ontwikkel wat op vertroue en respek vir mekaar gegrond is. Terwyl grootouers instinktief neig om meer geduldig en tegemoetkomend as die ouers te wees, moet hulle spesiale sorg tref om nie redelike grense te oorskry nie, veral nie die grense wat deur die ouers van die kleinkinders gestel is nie. Moenie byvoorbeeld die kleinkinders oormatig bederf of probeer om te betrokke te raak in die lewens van die kleinkinders nie, omdat dit dikwels tot onvoorsiene probleme kan lei en selfs spanning met die ouers kan veroorsaak.”
“Die skepping van ‘n stabiele en gebalanseerde omgewing vir die kleinkinders is nog ‘n belangrike rol wat grootouers ernstig moet probeer om te speel, veral omdat hulle in ‘n ideale posisie is om dit te doen. Hoewel die grootouers natuurlik moet vermy probeer om die rol van ouers oor te neem, kan hulle ‘n baie positiewe invloed op al die betrokke verhoudings uitoefen en dit wys en met die nodige sensitiwiteit vir die gevoelens en voorkeure van almal wat betrokke doen. Ten spyte van grootouers wat in die algemeen huiwerig is om kleinkinders te dissiplineer, beteken dit nie dat hulle nie enige dissipline kan uitoefen nie. Wanneer dit dus duidelik word dat aanvaarbare norme blatant nie nagekom word deur die kleinkinders nie, moet die grootouers ingryp, maar dit ook noukeurig en konsekwent doen om ‘n beter begrip van aanvaarbare en nie-aanvaarbare gedrag te verseker. ”
Grootouers speel ‘n belangrike rol in die groei en ontwikkeling van hul kleinkinders. Hermanean se boodskap vir grootouers is om pret te hê deur die ouer te wees wat jy altyd graag wou wees.
Mariana Muller, ‘n lewensafrigter, verduidelik ook meer oor die belangrike rol wat grootouers kan speel:
“Met vandag se hoë egskeidingsyfer kan grootouers ‘n belangrike rol speel om soms die betroubare kinderoppasserrol in te neem terwyl ouers gehaltetyd aan hul huwelik bestee. Ouers moet egter daarop let dat hulle nie die voorreg misbruik nie. Ouer mense geniet hulle kleinkinders, maar kinders kan ook soms veeleisend vir ouer mense wees. Maak seker dat daar wedersydse kommunikasie is tussen ouers en grootouers is, oor wat albei partye se behoeftes is, sê sy.
Dr Arthur Kornhaber skryf in sy boek Grandparent Power! dat grootouers deur die geskiedenis heen die sleutel tot harmonie en bestendigheid in gesinne was. Volgens hom was die sielkundige, maatskaplike en geestelike rolle wat hulle as onderrigters, ondersteuners van ouers, geskiedkundiges, versorgers, raadgewers en selfs gashere van allergrootste belang.
Kontak Dr. Hermanean Laauwen by [email protected] of besoek www.vitanova.co.za.
Besoek Mariana se webwerf by www.thebmisolution.com of kontak haar by 083 658 6299 of stuur ‘n epos aan [email protected]