Hierdie mini-kruideniersware is so te sê onweerstaanbaar! Die Little Shop Mini Collectables is nou in Checkers-winkels landwyd beskikbaar.
Dié kettinggroep het 29 van Suid-Afrika se bekendste handelsmerke, soos All Gold-tamatiesous, Omo-waspoeier en Sunlight-opwasmiddel gekrimp en bied dit aan in ’n prettige promosie.
’n Mens kry ’n Little Shop-mini vir elke R150 wat jy by enige Checkers- of Checkers Hyper-winkel bestee. Dit lyk beslis soos ’n gier wat gaan vlamvat, met kinders – en dalk grootmense – wat lewensgetroue miniatuurboksies, -botteltjies en -pakkies gaan versamel, uitruil, weggee en daarmee speel.
Die promosie het egter meer om die lyf as blote pret. Die Little Shop All Stars-kompetisie het ten doel om die land se jong entrepreneurs te inspireer. Die eerste 25 skoolkinders wat hul Checkers Little Shop-versameling voltooi, het ‘n kans om R10 000 vir hulself en R10 000 vir hul skool te wen. Skryf aanlyn in by www.checkers.co.za/little-shop.html
Checkers Little Shop moedig leerlinge aan om hul ondernemingsgees aan te wakker deur aan kreatiewe maniere te dink om hul versamelings te voltooi. Die webwerf het onder meer wenke oor hoe om te onderhandel om mini’s te ruil of te verkoop.
As die bymekaarmaak in ’n speel-speel-winkel ontwikkel, is daar ook klein trollies, mandjies, en ’n winkel-vooraansig te koop.
Hou gerus die Little Shop-webwerf en Facebook-blad dop vir nuus oor dié promosie.
Die mini’s is by Checkers Checkers- en Checkers Hyper-winkels landwyd beskikbaar terwyl voorrade hou.