Nederburg, Suid-Afrika se mees bekroonde wynmakery en Distell se vlagskip-wynhandelsmerk, bied ‘n verfrissende en vars nuwe beeld aan wynliefhebbers.
Maryke Roberts
Die nuwe baadjie sal die globale teenwoordigheid uitbrei met ‘n nuwe kommunikasieveldtog wat eersdaags te sien sal wees.
Die bekendstellingsgeleentheid is in Kaapstad by Gallery MOMO gehou, waar agt verskillende “stasies” ingerig is met agt verskillende wyne, wat met agt verskillende disse gepasmaat is. Van die wyne is ou gunstelinge, ander word binne die volgende paar weke aan die publiek bekendgestel, het Melissa Diedericks, Nederburg se SA bemarkingsbestuurder, vertel.
Terselfdertyd is die nuwe verpakking, wat die handelsmerk se wapenskild meer prominent vertoon, wat ontwerp is om Nederburg se erfenis, stamboom en sofistikasie regoor sy volledige wynreeks duidelik oor te dra, ook aan gaste gewys. Die nuwe voorkoms weerspieël ook ‘n veel sterker familie-verband tussen die verskillende wynreekse, om sodoende hul verbintenis met die handelsmerk te onderstreep.
Nederburg is een van die snel groeiendste wynmakerye in die Distell-portefeulje. Oor die afgelope jaar het die handelsmerk sy internasionale teenwoordigheid stelselmatig vergroot en sy afset met dubbelsyfers verhoog, insluitende in van sy mees gevestigde markte, soos Duitsland.
Die nuwe voorkoms, met sy skuins logo wat na weergawes daarvan in die verlede heenwys maar dan in ‘n moderne styl, is deur Anthony Lane, een van Suid-Afrika se voorste ontwerpspesialiste van verpakking, ontwerp. Nie alleen pas dit beter by Nederburg se aansien nie, maar dit staan ook beter uit op die rak.
Die nuwe televisieveldtog sal van 22 Februarie op Suid-Afrikaanse televisiekanale gebeeldsend word.
Andrea Freeborough, nuwe keldermeester by Nederburg, Kathrin Cross, Nederburg se handelsmerktuiste-bestuurder, Melissa Diedericks, Nederburg se SA bemarkingsbestuurder en Jeanine Smith, Nederburg se SA junior handelsmerkbestuurder
SOURCES
Clifford Roberts