Volg dié wenke wat jou sal help om gewig te verloor
Hier gee Mariana Muller, ’n lewensafrigter van Hartbeespoort, ’n paar praktiese wenke om gewig te verloor:
• Probeer 7-8 uur aaneenlopende slaap per nag inkry.
• Volg ’n kilojoule beheerde dieet, wat nie te beperkend is nie, en ’n gesonde gewigsverliesresultaat van 500 g tot 1 kg ’n week lewer.
• Gaan vir ’n volledige doktersondersoek as jy beplan om gewig te verloor, nie net om siektetoestande uit te skakel nie, maar ook om te sien of daar oor tyd verbetering in toestande soos cholesterol is.
• Volg ’n gesonde eetplan wat volgraanprodukte, vrugte, groente, proteïene en gesonde vette insluit.
• Daar is nie ’n kitsoplossing om metabolisme te verbeter nie. Dit is ongesonde praktyk om medikasie vir ’n onderaktiewe skildklier te gebruik as jy nie probleme met jou skildklier
ondervind nie.
• Volg ’n oefenprogram wat aërobiese oefening soos stap, fietsry of swem met weerstandsoefeninge kombineer. Vroue het nie genoeg testosteroon om soos mans spiere te bou nie en kan ’n goeie oefenprogram met weerstandsoefeninge volg.
• Faktore wat metabolisme beïnvloed, soos geslag, ouderdom en gene, kan nie verander word nie, maar jy kan wel jou lewenstyl verander, gesonder eet en oefen.
• Drink genoeg water, ongeveer 30 ml water per kilogram liggaamsmassa en 250 ml per halfuur wat jy oefen. Omtrent al jou liggaamsprosesse benodig water om optimaal te funksioneer en dit is onnodig om hierdie prosesse met dehidrasie te strem. Let egter ook op daarna dat te veel water ook nadelig kan wees.
Meer inligting
Kontak Mariana by 083 658 6299 of [email protected] of besoek haar webwerwe by www.thebmisolution.co.za en www.beatitudomaximelifecoaching.co.za