Moet nooit die trefkrag van ‘n lawwe uitrusting en R10 onderskat nie. Komaan, wees deel hiervan!
Ons kan die lighartige gees van die sestigerjare onthou met sy danse soos die “twist” en die “funky chicken”. Ons het met opgewondenheid die “Fab Four” en “Beatlemania” beleef en ons onthou met heimwee hoe bykans ’n halfmiljoen mense na New York gestroom het vir Woodstock. Die gevoel,die giere en gebeurlikhede van die sewentigerjare laat ons terugdink aan toe musiek nog op langspeelplate en magneetbande gespeel is, toe diskoteke “in” was en toe ons nog geweet het wat “groovy” beteken het. In die tagtigerjare was ons klerekas en grimering hoofsaaklik skelpienk, staalblou en sonneblomgeel en ons beste partytjierok was ‘n hoepelromp. Die manne het gewoonlik dun swart dasse, gewoonlik met klaviersleutelmotiewe, gedra. Ons was dol oor groot haarstyle en karaoke, en het al die woorde van Madonna se “Material Girl” geken.
Kyk hoe lyk die karakters van 7de laan, Binneland, Mathys Roets, Mej Suid-Afrika, en Terence Bridgett en Bobby van Jaarsveld. Klik op die klein foto om ‘n groter weergawe te sien.