Afgesien van sy dogter Lika, het Regardt van den Bergh drie ander kinders
“Nadat Leán van Amerika teruggekeer het,” sê Regardt, “het sy, net soos Lika, haar hart teenoor haar pa oopgemaak. Daar was dinge wat sy van haar hart wou afkry. Dit het baie vir my beteken. My lewe word gedefinieer deur my verhouding met my kinders.”
Toe Regardt se seun, Dawid, matriek geskryf het,” sê Regardt, “is hy na ’n sendingskool in die Filipyne, waar hy wonderlike ervarings gehad het. Dawid het nadat ek en Hermien geskei is, lank by my gewoon. Ons het ’n wonderlike pad geloop. “My ouer seun Tinus en ’n maatjie – hulle was so tien jaar oud – het een dag met Kersfees die bure se Kersliggies gesteel. Ek het my knipmes vir Tinus gegee en gesê hy moet ’n lat gaan sny. Hy en sy maatjie kom staan toe vir ’n drag slae. Enige lat maak seer, al het ek nie hard geslaan nie. Tinus het hardop gehuil, maar sy maatjie het geskrik en gaan haal toe ’n stomp wat hy in die tuin gekry het en sê: ‘Oom kan my hiermee slaan.’” “Ek moes dit aan Tinus tuisbring dat wanneer hy ’n pak slae kry, dit nie beteken dat ek hom afskryf of lelik met hom wil wees nie: ek is juis lief vir hom, want hy is ook my eie, al is hy aangeneem.
“Ek het iewers gelees ’n kind is nie ’n leë houer nie, maar ’n vuur wat jy moet aansteek. Ek weet die Here het deur my ’n vuur in elkeen van my kinders aangesteek, ’n vuur vir Hom, en vir my is dit iets om oor te juig.”