Neil Meiring vertel van sy vrywilligerswerk aan boord van die Logos Hope, ‘n skip wat by talle lande aandoen om hoop te bring
MARYKE ROBERTS
Sewe vrae aan Kapenaar Neil Meiring, wat deel is van die Logos Hope-skip, die wêreld se grootste drywende boektentoonstelling wat ook uitreikwerk in die lande waar hulle aandoen, onderneem.
Wat is jou lewensleuse?
My lewensleuse kom uit Fil 1:21: “For to me to live is Christ and to die is gain.” Met ander woorde, leef jou lewe en embrace death.
Wat is jou droom vir Suid-Afrika en haar inwoners?
Dat mense die Here leer ken en sy voorbeeld volg, dan sal dinge regkom.
Hoekom is jy positief oor die doelstellings van Logos Hope?
Alles wat ons doen, is om ander te help en die Here se liefde te wys.
Hoekom sal jy ander jongmense aanraai om by Logos Hope aan te sluit?
Dis ’n unieke ervaring. Alle nasies woon en werk saam onder een dak. Jy seil regoor die wêreld, groei geestelik en dit verander jou lewe en jou uitkyk op die lewe.
Hoe moeilik is dit vir jou visums vir al die lande te kry waar julle aandoen?
Die skip se personeel sorteer die visas en ander dokumentasie uit, so ek weet nie regtig nie. Somtyds is dit ’n bietjie van ‘n gesukkel, maar dit hang af van die land waarheen ons op pad is.
Wat het jy tydens jou verblyf op die skip van jouself geleer?
Dat ek meer kan doen as waarvan ek kan droom, met die hulp van die Here. Daar is no limits.
Hoe werk jou werkskontrak met die skip?
Gewoonlik bly jy aan boord vir die volle twee jaar. As jy jou kontrak verleng, gaan jy eers vir ses weke huis toe, voor jy voortgaan. Elkeen kry jaarliks sewe dae verlof op die skip en in hierdie tyd kan jy gaan en doen wat jy wil. Jy moet natuurlik nog altyd verantwoordelik wees.
SOURCES
Clifford Roberts en verskaf