Die woorde ‘geniale kitaarspeler en liedjieskrywer’ en ‘internasionale beskermheer van die blues’, is al dikwels in dieselfde sin as Dan Patlansky se naam genoem.
Lees meer oor hom in ons 27 Mei-uitgawe.
Sewe vrae aan die blueskunstenaar, Dan Patlansky, wat pas sy jongste album, Introvertigo, uitgereik het:
Watter hoop en drome het jy vir hierdie album?
Ek hoop dit gaan voort met die goeie ontvangs van die vorige een en hou aan om die aanhangersgetalle regoor die wêreld te laat groei.
Watter musiek is altyd op jou iPod?
Jimi Hendrix.
Wat is die mooiste woorde wat jy al gehoor het?
Jou vlug huis toe is 15 minute vroeër.
Wat is op jou bedkassie?
’n Lamp.
Wat is een ding wat min mense van jou weet?
Bykans niks kom by ’n goeie country-en-western-liedjie nie …
As jy moeilike besluit moet neem, na wie gaan jy vir raad?
Ek gaan altyd eerste na my vrou en my ouers vir goeie raad.
Wanneer skryf jy liedjies en waar kry jy tyd?
Dit gebeur gewoonlik op toer wanneer ek so tussen die opwarm en klanktoetse idees kry. Ek probeer dan met my tuiskoms daardie idees in liedjies verwerk.