Oldenburg Vineyards, die boetiek wynkelder in die Banghoek-vallei buite Stellenbosch, het ‘n interessante toevoeging tot hul premium wynreeks – hul eerste Grenache Noir – aan gaste en media bekendgestel.
Maryke Roberts
Die Oldenburg Vineyards Grenache Noir 2014 is die eerste wat eksklusief van Banghoek vrugte gemaak en gebottel is.
Die geleentheid is by die herehuis op die plaas gehou en sjef Craig Cormack en sy span het die informele braai om die swembad versorg. Gaste kon nie net die Grenache Noir 2014 proe nie, maar ook ander wyne in die reeks en die nuwe Cabernet Franc 2013.
Grenache Noir word oor die algemeen gereken as ‘n druif wat beter in warm, binnelandse klimaatstoestande aard, wat die koeler hange van die Banghoek Vallei dus nie die voor-die-hand-liggend keuse vir dié druif maak nie. Maar Philip glo daar is ‘n groter belangstelling in statige wyne met elegansie en dat dit spesifiek van toepassing is op druiwe soos Grenache Noir, wat ‘n reputasie het om volronde, alkoholiese wyne te maak.
“Ons Grenache wingerde wat suid-wes front, is een van die hoogstes op die plaas – heelbo op die berg – wat dit koeler as meeste ander Grenache winderde in Suid-Afrika maak. Die vrugte word stadig – maar ten volle – ryp, wat ons toelaat om ‘n geronde, maar elegante wyn teen ‘n meer matige alkoholvlak te maak,” sê Philip.
Die Oldenburg Vineyards Grenache Noir 2014 is 20 maande in 300-liter Franse eikehoutvate verouder: 50% nuwe vate en die res tweede vul. Die resultaat is ‘n stewige wyn met baie ryp bessievrug en ‘n soutagtige-, aardse ondertoon. Subtiele tanniene en -speserye rond hierdie kosvriendelike wyn af.
Vir meer inligting oor Oldenburg Vineyards, besoek www.oldenburgvineyards.com
Handelsmerk- en bemarkingsbestuurder, Anetha Volschenk, staan by Tokara se sommelier, Jaap-Henk Koelewijn en Maryna Strachan
Sjef Craig Cormack wat die middagete vir die geleentheid berei het en wynmaker en besturende direkteur van Oldenburg Vineyards, Philip Costandius.
Die herehuis op die plaas het pragtige uitsigte oor die vallei en gaste kon voor middagete in die swembad afkoel.
Tinashe Nyamudoka, hoof-sommelier van The Test Kitchen, David Wibberley, verkoopsbestuurder van Oldenburg en Jason Steel, ook van The Test Kitchen.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.