’n Onlangse studie aan die Michigan Staatsuniversiteit, het gevind dat paartjies wat daartoe mik om saam iets te bereik – of dit nou ophou rook of na die gimnasium toe gaan is – meer geneig is om suksesvol te wees, as diegene wie dit alleen aanpak. Dit blyk of dié tendens universeel is.
Al hoe meer paartjies soek na maniere hoe hulle saam kan groei. Navorsing toon dat wanneer die tradisionele kersligete vir die gimnasium verruil word, dit werklik tasbare voordele tot gevolg kan hê.
In ’n studie wat by die University College London van stapel gestuur is, is meer as 3 000 paartjies en hul gewoontes geanaliseer. Diegene wat saam gim toe gegaan het, was meer geneig om hul ongesonde gewoontes af te skaf, as diegene wat nie saam geoefen het nie. Verder het die navorsing ook ’n fenomeen genaamd die “halo-effek” uitgewys, wat ’n kragtige plasebo-effek op paartjies het en hul meer toegeneë teenoor mekaar laat voel.
Volgens Ivana Buchanan, Nasionale Fiksheidsbestuurder by Zone Fitness, is al hoe meer paartjies besig om die genot wat oefen tot gevolg het, te ontdek. “Daar is beslis ’n gemeenskaplike gevoel dat om in tandem te oefen hul verhouding verbeter.”
Die rede hiervoor is wetenskaplik. Oefening stel endorfiene in jou liggaam vry. Dit is ’n gelukshormoon wat stres verlaag en genot verhoog.
Om saam te oefen ontlok ook sekere fisiologiese reaksies, soos’n verhoogde hartklop, sweterige hande en kortasem, wat die simptome van aantrekking naboots en sodoende ons brein mislei, só meen wetenskaplikes.
Buchanan glo dat die geheim is om saam dieselfde oefeninge te doen. “Sommige mans verkies om gewigte op te tel, terwyl vroue tradisioneel van kardio hou. Paartjies wat mekaar se voorkeure by hul eie roetine bylas, kry die meeste uit hul oefensessies.”
Maak seker jy verdeel jou tyd in die gimnasium eweredig. Vat die tyd om klasse saam te doen, of leer jou lewensmaat hoe om veilig en effektief gewigte by die huis op te tel. Wanneer iets nuuts gedoen word, help dit om meer uit te vind oor mekaar en dit het pret en spontaneïteit tot gevolg.
“Gaan na ’n gimnasium wat oor toegewyde ateljeeklasse, sowel as voldoende gewigsopleiding toerusting beskik. Dit sal verandering verseker en jou toelaat om dinge te vernuwe,” stel Zone Fitness se Buchanan voor.
Zone Fitness is in 2002 gestig