2–6 September is Nierbewusmakingsweek…
Evian Water
Die meeste van ons weet hoekom ons harte, longe en breine belangrik is . . . maar ons niere? Sowaar? Ja, sowaar. Trouens, hulle is so belangrik dat die natuur ons twee gegee het!
Nierbewusmakingsweek wil groter bewustheid van die rol van die niere in die alledaagse lewe skep omdat chroniese niersiekte (CNS) ± 15% van die Suid-Afrikaanse bevolking affekteer. Dit het, om die waarheid te sê, ’n groeiende gesondheidsorgprobleem geword met 20 000 nuwe pasiënte wat elke jaar1 diagnose en behandeling vereis en ’n geraamde 5 miljoen Suid-Afrikaners ouer as 20 jaar wat met CNS2 gediagnoseer is.
Hoewel hoë bloeddruk (hipertensie) en diabetes die algemeenste oorsake van niersiekte is,3 het internasionale studies getoon dat mense wat daagliks sodas drink ’n hoër risiko loop om ’n vlak van CNS te ontwikkel. Die rede hiervoor is dat koeldranke die vlak van proteïen in die urien verhoog en dit word as ’n vroeë merker van nierskade beskou.4
’n Koeldrankgebaseerde dieet lei tot erger obesiteit, soos geïllustreer deur ’n plaaslike studie wat projekteer dat daar teen 2017 ’n bykomende 1,2 miljoen meer vetsugtige volwassenes in Suid-Afrika kan wees. Meer as ’n kwart van die obesiteit sou veroorsaak gewees het deur die suikerversoete dranke wat hulle drink.5 Die gevolg is ’n gevaarlike konkoksie wat tot hoë bloeddruk, diabetes en verhoogde CNS kan lei.
Evian wil die situasie tydens Nierbewusmakingsweek beklemtoon deur Suid-Afrikaners aan te moedig om die gesonde keuse te maak en water in plaas van versoete koeldranke te drink. “As jy jou en jou familie se gesondheid op die hart dra,” sê Patrick Lewis-Enright, voorsitter van Staffords Bros & Draeger, enigste invoerders van evian® Natural Spring Water na Suid-Afrika, “behoort jou eerste keuse van water heeltemal suiwer evian® te wees.”
Baie water help die niere om natrium, ureum en toksiene uit die liggaam te skei wat weer tot ’n “beduidend laer risiko” van die ontwikkeling van chroniese niersiekte lei, aldus navorsers in Australië en Kanada. Volgens die navorsers verkondig die bevindings nie “aggressiewe vloeistofbelading” wat newe-effekte kan veroorsaak nie, maar wel bewyse lewer dat matige hoër waterinname, sowat twee liter per dag, die risiko van ’n afname in die funksionering van die niere kan verlaag. Dis belangrik om te onthou dat die regte vlak van vloeistofinname vir enige individu van baie faktore afhang, insluitend geslag, oefening, klimaat, gesondheidstoestande, swangerskap en borsvoeding. Hierbenewens word mense wat reeds ’n niersteen gehad het, aangeraai om 2 tot 3 liter water per dag te drink om die risiko van die vorming van ’n nuwe steen te verminder.7
Gereelde oefening, ’n dieet ryk aan groente en vrugte en laag in sout, kalium en proteïen help ook om jou niere gesond te hou. ’n Aanbeveling is ook om op te hou rook en alkoholinname tot een drankie per dag te verminder.
CNS word dikwels nie herken nie omdat daar geen spesifieke simptome is nie en nie gediagnoseer word nie of slegs in ’n gevorderde stadium gediagnoseer word. Eenvoudige en vryelik beskikbare bloed- en urientoetse word gebruik om niersiekte na te spoor omdat dit behandel kan word. Hoe vroeër die opsporing, hoe beter die kanse om doeltreffende behandeling te ontvang.