Om tien oesjare van Idiom-wyne en hul prestasies te vier, het die Bottega-familie pas die nuwe proelokaal, konferensiesentrum en restaurant – die nuwe tuiste van Idiom wyne – buite Somerset-Wes aan gaste bekendgestel.
Maryke Roberts
Die Idiom Fynproewer-restaurant & Wynproesentrum bied panoramiese uitsigte van die Helderberg en die uitgestrekte Kaapse Skiereiland, van Tafelberg tot Kaappunt, met ‘n glinsterende Valsbaai in die voorgrond.
Die gebou is ontwerp deur argitek Thomas Leach, in noue samewerking met Idiom-eienaar, Alberto Bottega en sy seun, Roberto.
Die klip wat gebruik is in die bouwerk, kom uit die plaas se groef en die soliede spesialiteit- houtbalke is uit indringer bloekombome gesny. Oral op die terrein is beelde van pa-en-seun, Anton en Lionel Smit, wat voortaan hul uitstalruimte hoog teen die berg sal wees.
Die nuwe fasiliteit open sy deure in Junie en bied ‘n fynproewer-restaurant met Italiaanse- en Suid-Afrikaanse cuisine, alles gepasmaat met Idiom wyne, tussen die wingerde. ‘n Luukse produktewinkel waar Idiom se raar parfuums en eksotiese leerhandsakke gekoop kan word, is ook in die ruimte ingelyf.
Hoewel die restaurant vir die fynere gastronomiese spyskaart vir bespreekte gaste voorsiening sal maak, sal ‘n spesiaal-ontwerpte canapé spyskaart vir onverwagse wynproewers aangebied word.
Hierdie nuwe bestemming bied ook ‘n meer ontspanne, buite area – perfek vir familiesaamtrekke. ‘n Deli spyskaart met prosciutto-borde, salumi en ander charcuterie, sowel as gourmet pizzas, pastas en slaaie, sal later geloods word om die fynproewer-element te komplimenteer.
In die warmer somermaande kan gaste ‘n piekniekmandjie by die deli bestel – wat in September open – en onder die grasdak lapas of op die dennebos-koppie kuier.
Gaste geniet Prosecco en versnapering op die grasperk voor die gebou.
Idiom-eienaar, Alberto Bottega en sy seun, Roberto, saam met argitek Thomas Leach.
Van die plaas se luukse produkte soos parfuum sal ook te koop wees.
Idiom wyne het nou eie proelokaal waar die uitgebreide reeks beskikbaar is.
SOURCES
Clifford Roberts