Fitch & Leedes, die reeks mengeldrankies wat op Stellenbosch vervaardig word, het pas hul nuwe Pink Tonic bekend gestel – die perfekte pasmaat vir fynproewer-jenewer.
Deur: Maryke Roberts
Foto’s: Clifford Roberts
Met sy pienkkleur, sweempies roosblaar en vars komkommergeur, beklemtoon hierdie kinawater die botaniese karaktereienskappe en subtiele geure opgesluit in handgemaakte jenewers, het mede-eienaar, Ross Hobbs, aan gaste by die bekendstelling by Hope on Hopkins jenewer in Woodstock vertel.
Die distilleerdery word besit deur Lucy Beard en Leigh Lisk en gaste kon sien waar die jenewer in twee potketels gestook word. Die ketels heet Mildred en Maude.
Vir die uiterse suiwerheid ten opsigte van kwaliteit en smaak, word Fitch & Leedes kinawater gemaak met viervoudig gefiltreerde water wat die harde werk en vaardigheid van die meesterdistilleerder nog verder uitbeeld. “Die spiritus is die held – daarom moet die mengeldrankie nie oordonder nie,” het hy verduidelik.
Dít is waarom vername distilleerders almal Fitch & Leedes as hul mengeldrankie verkies: “Die Pink Tonic werk goed saam met ons Hope on Hopkins Mediterranean Gin, waar die olywe en kruie aangevul word deur die tikkie komkommer.
Florian Leykauf van Triple Three Gin Estate Distillery beaam dat Fitch & Leedes kinawater die botaniese karaktereienskappe van hul jenewers ontsluit: “Die sweempie komkommer in Fitch & Leedes Pink Tonic is ’n uitstekende kombinasie saam met die kruisement- en bloekomgeure van die boegoeblare in ons African Botanicals Gin.”
“Die pikante karakter van ons Musgrave 11 word verkoel deur die komkommergeure in die Pink Tonic, terwyl die tikkie roosblaar ‘n delikate afwerking aan ons jenewer verleen,” voeg Simone Musgrave van Musgrave Gin by.
Die gaste wou natuurlik van Ross weet wie die Fitch en Leedes nou eintlik is. Hy het verduidelik dat die naam geïnspireer is deur die onverskrokke here van Londen, Ralph Fitch en William Leedes, wat in 1583 met die Tyger na Indië en die Ooste op vaart gegaan het opsoek na nuwe en eksotiese geure.
Hier is ’n paar perfekte mengel-idees van die distilleerders:
- Hope on Hopkins Mediterranean Gin is deurtrek met olywe, roosmaryn, tiemie, basielkruid en kardemom met sitrusgeure en sweempies jenewerbessie. Voeg 1 deel jenewer by 4 dele Fitch & Leedes Pink Tonic. Garneer met ’n kruisementtakkie.
- Musgrave 11, geïnspireer deur die geure en geskiedenis van Afrika en sy antieke speseryroete, word uit 11 botaniese elemente geskep. Voeg ’n dubbelskeut jenewer by 200ml Fitch & Leedes Pink Tonic. Garneer met komkommer en roosblare.
- Triple Three African Botanicals Gin is versigtig gestook uit sewe botaniese elemente, insluitend flora uit die Wes-Kaap. Voeg 50ml jenewer by 200ml Fitch & Leedes Pink Tonic. Garneer met ’n sny komkommer, ’n skyfie lemoen en roosblare.
Fitch & Leedes is beskikbaar by toonaangewende boetiekwynwinkels, uitgesoekte deli’s, fynproewer-restaurante en -wynkroeë en word deur Chill Beverages International (Pty) Ltd gemaak.