‘n Nuwe minimumloon vir huiswerkers wat van 1 Desember 2015 tot 30 November 2016 geldig sal wees, is ingestel.
Die Departement van Arbeid het huiswerkers se minimumloon effens verhoog. Dié verhoging tree op 1 Desember 2015 in en geld tot 30 November 2016.
Jy kan die inligting hieronder gebruik om te bepaal wat jy jou huiswerker behoort te betaal. Gebied A verwys na groot metropolitaanse munisipaliteite en opgeboude gebiede en Gebied B verwys na alle ander munisipaliteite.
Klik hier om die minimumloon vir elke munisipaliteit te sien (dis in die Staatskoerant gepubliseer)
Hier is ‘n aanduiding van wat huiswerkers, wat ‘n minimum van 27 ure per week werk, sal verdien
Minimum | Gebied A | Gebied B |
---|---|---|
Uurliks | R11,44 | R10,23 |
Weekliks | R514,82 | R460,15 |
Maandeliks | R2 230,70 | R1 993,82 |
Hier is ‘n aanduiding van wat huiswerkers, wat minder as 27 ure per week werk, sal verdien
Minimum | Gebied A | Gebied B |
---|---|---|
Uurliks | R13,39 | R12,07 |
Weeklikse | R361,50 | R325,98 |
Maandeliks | R1 566,35 | R1 412,49 |