Met ‘n tema van Asterix en Obelisk en die bekendstellingsplek die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad, kon die kinderboek-bekendstelling van PanMacMillan nie anders as om pret te voorspel nie.
Maryke Roberts
Die jaarlikse geleentheid kies ‘n gewilde kinderboek-karakter en moedig gaste aan om soos die karakter aan te trek. Die gaste is almal van boekhandelaars regoor die Kaapse Skiereiland en die vooruitskou gee ‘n goeie idee van die opwindende kinderboeke wat vir die res van die jaar beplan word.
Vier Britste boekverspreiders het hul hoogtepunte kom deel en voor almal huiswaarts gekeer het, is daar heerlik aan Obelix se gewilde “wilde beer” gekou: ‘n ryk sjokoladekoek wat spesiaal vir die geleentheid gebak is.
Lesers kan uitsien na Julia Donaldson van The Gruffalo (Goorgomgaai) se nuwe boeke en selfs een met ‘n handpop; ‘n boek van Bear Grylls, Bear Grylls The Jungle Book; nuwe avonture vir seuns en meisies van alle ouderdomme. Daar is boeke vir kieskeurige eters soos Hugless Douglas and the Great Cake Bake; diegene wat bang is vir die donker soos A monster calls; lus is vir kopkrap soos die boeke Get Coding; wil leer bak en brou en selfs een deur Lindsay Eager, Hour of the Bees, wat kyk na demensie en doodgaan.
Boekwurms Erin Booysen, Frances Thorndyke van PanMacMillan Suid-Afrika en Natalie Hovers by die funksie.
Die wilde beer-koek was ‘n groot gunsteling en dis heeltemal te verstane hoekom wilde beer ook Asterix en Obelix se geliefde gereg is.
SOURCES
Clifford Roberts