‘n Nuwe katamaran, Serenity One, is pas in die V&A Waterfront in Kaapstad bekendgestel. Die 12m katamaran word bestuur deur Waterfront Charters, die langste vaartmaatskappy by die V&A Waterfront, wat sedert 1991 bootvaarte bied.
Maryke Roberts
Serenity One kan tot 40 passasiers en drie bemanningslede dra en behalwe die reuse seile, het die boot ook 55 perdekrag enjins. Behalwe die sonsak-vaart, is ander vaarte ook beskikbaar.
Met die bekendstelling is ons voor in die ry. Gaste meld by die klein dok aan, baadjies en kameras oor die skouer, gereed vir die sonsak-vaart.
Wat ‘n heerlike manier om ‘n naweek of vakansie te begin, ‘n geliefde te verras, of met vriende te kuier.
Teen laatmiddag is almal aan boord, ons veiligheidspraatjie agter die rug en ons kies koers uit die hawe uit. Toe ons op die oop see is, voel ons die koue windjie, maar die vonkelwynproppe klap en elkeen vind ‘n gaatjie met sy sagte kombersie, om die beste sonsondergang te sien. Met die son se laaste strale raak mens nogal peinsend oor die dag en week wat verby is en daal daar vir ‘n wyle stilte oor die katamaran neer.
Toe die son heeltemal onder is, is die V&A Waterfront ‘n malse kleurespel van ligte, musiek wat uitspeel oor die water en ‘n vrolike gelag en gesels wat net een ding kan beteken: naweek!
Die rit duur 90 minute.
Groepe vriende van Gauteng praat oor die mooie Kaap en ek moet met hulle saamstem!
Beslis nie geskik om al 25 van ons aan boord te red nie, maar maak darem maar mooi foto’s!
Op die horison vaar ‘n reuse tenker verby.
Toe die son heeltemal onder is, is die V&A Waterfront ‘n malse kleurespel van ligte, musiek wat uitspeel oor die water en ‘n vrolike gelag en gesels wat net een ding kan beteken: naweek!
SOURCES
Clifford Roberts