‘n Totaal van 44 000 mense moes laat gistermiddag die dorp van Mashiki ontruim ná ‘n aardbewing wat 6,4 op die Richterskaal gemeet het. Geboue het ineengestort en ander infrastruktuur is beskadig. Nege mense, tussen die ouderdom van 29 – 94 is dood bevestig. ‘n Verdere agt is in ‘n ernstige toestand, en meer as 850 is beseer.
Die Japan Meteorologiese Agentskap (JMA) het gewaarsku daar sterk naskokke vir die volgende week gaan wees en hulle het mense aangeraai om weg te bly van enige geboue wat onstabiel lyk.
www.theguardian.com
[iframe width=”560″ height=”315″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://embed.theguardian.com/embed/video/world/video/2016/apr/14/japan-office-shaken-as-earthquake-hits-video”]