Die bekendstelling van die program van die US Woordfees 2017 is verlede week gehou. ’n Gedeelte van Ryneveldstraat in Stellenbosch is afgesper en langtafels onder feestelike liggies gedek vir ’n langtafel-ete. Die tema vir die fees, wat vanaf 3 tot 12 Maart 2017 gehou word, is “Wys!”.
Woorde: Maryke Roberts
Foto’s: Clifford Roberts
Gaste is met ’n tuk-tuk van hul motors na die ingang van die langtafel-geleentheid vervoer en het vreemdes kans gegee om mekaar beter te leer ken, of selfs met bekende akteurs en musikante skouer te skuur.
Verskeie gassprekers waaronder Nico Koopman, die Universiteit Stellenbosch se Viserektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel; Saartjie Botha, feesdirekteur van die US Woordfees en kunstenaars soos Shirmoney Rhode wat gedigte uit haar debuutbundel Nomme 20 Delphistraat voorgelees het en ook digter, Andries Bezuidenhout, het op die verhoog verskyn.
Die seremoniemeester was die komediant Rob van Vuuren.
Kaartjieverkope by Computicket het op 20 November geopen. Meer inligting by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch, 021 886 5036 of e-pos [email protected]
Minki van der Westhuizen en Vicky Davis.
Willem Botha, hoofredakteur van die WAT en sy vrou, Tersia.
’n Gedeelte van Ryneveldstraat in Stellenbosch is afgesper en langtafels onder feestelike liggies gedek vir ’n langtafel-ete.
Die seremoniemeester was die komediant, Rob van Vuuren.
Die digter, Andries Bezuidenhout doen ’n voorlesing.
Zelda en Alex Hamilton, kunskurator van die US Woordfees 2017.