Van 18 tot 25 Julie kan jy saam met ’n klein groepie lesers die gaste van die bekende Talking Table in ’n hawedorpie op die eiland Lesbos word.
Molyvos in Griekeland is so antiek en mooi dat dit ’n wêrelderfenisgebied is. In ’n 100 jaar oue herehuis met ’n groot tuin aan die dorpsplein is The Talking Table. Dit is waar twee Suid-Afrikaanse gashere, Douw Steyn en Frederik de Jager, groepe gaste van oral gulhartig tuismaak. Waar goeie geselskap saam met heerlike Griekse kos op die spyskaart is.
Gee dié groot geskenk vir jouself, jou siel en jou liggaam
Die legendariese lewensvreugde van die Grieke, die musiek, die danse, die kos, die skoonheid van die dorp en sy omgewing, die strande en die see … dit alles kan jy meemaak.
Kortom: ’n betowerende ervaring.
Bring ’n maat saam en deel – dis goedkoper.
Tariewe is €1 700 per persoon vir ’n enkelkamer en €1 300 per persoon wat deel. Die tariewe sluit verblyf in, asook ontbyt en ’n groot langtafelmaaltyd elke dag. Vervoer van en na die plaaslike lughawe is ook ingesluit. Reiskoste is nie ingesluit nie.
Vir verdere inligting en om te bespreek, skryf nou vir Douw by [email protected]
Besoek ook The Talking Table se Facebook-blad en hul webwerf by www.thetalkingtable.com.