Die amptelike bekendstelling van die Kanonkop Black Label Pinotage 2015 is onlangs by Kanonkop Landgoed buite Stellenbosch gehou
Woorde: Maryke Roberts
Foto’s: Clifford Roberts
Keldermeester Abrie Beeslaar het ook die volledige reeks Kanonkop-wyne wat tans te koop is, te proe aangebied en gaste kon deur die kelder en proelokaal en onder die bome by verskillende tafels aandoen vir die proe van ’n interessante versameling ouer wyne uit hul wynbiblioteek.
Gaste was bevoorreg om onder meer die Kadette Cape Blend 2010 Magnum, Kanonkop Pinotage 1997 Magnum, Kanonkop Cabernet Sauvignon 1989 Magnum, Kanonkop Paul Sauer 2002 Magnum en Kanonkop Black Label Pinotage 2014 en 2015 te proe.
Nadat almal die wyne geproe het, is daar na die Paul Sauer-kelder beweeg, waar die landgoed se gebruiklike snoekbraai geniet is. Dieselfde geleentheid is ’n week later by Summer Place gehou.
Wynmaker Abrie Beeslaar en James Pieterson.
Die eienaar van Kanonkop Landgoed, Johann Krige, staan by Marie-Joan van der Sluys en Rinus van der Sluys
Kara Miller en Hilleta Damas by die bekendstelling.