’n Pretdag van bergfietsry en musiek vir die hele gesin!
Na ‘n hoogs suksesvolle loodsgeleentheid verlede jaar, wat duisende deelnemers van oraloor Gauteng gelok het, sal Jacaranda FM & Tracker Off the Beat ‘n Track weer op 21 April 2018 terugkeer na die Big Red Barn in Irene vir ‘n pretbelaaide dag vir die hele gesin, gevul met bergfietsry, kindervermaak, piekniek en more music you love.
Die geleentheid, die grootste van sy soort in Gauteng, bied iets vir enige ouderdom en ryvermoë, met roetes wat wissel van ‘n 2 km wedren vir die kinders, tot 5km, 15km en 35km wedrenne vir meer ernstige fietsryers.
Na die wedrenne kan ryers en hul gesinne, en diegene wat net die geleentheid bywoon om die musiek te geniet, op die lekker sagte grasperk uitspan om piekniek te hou op die klankbaan van sommige van SA se mees gewilde kunstenaars – Goodluck, Die Heuwels Fantasties en Dr. Victor.
Ouers met kleingoed kan die dag geniet in die wete dat elke voorsorgmaatreël getref is om te verseker dat kinders veilig is en deeglik vermaak word. Daar sal ook meer as genoeg te ete en drinke wees vir honger klein, en nie-so-klein, magies en voertuie sal heeldag onder waaksame oog gehou word.
Jacaranda FM se Algemene Bestuurder, Kevin Fine, sê: “Off the Beat ‘n Track het homself bewys as ‘n reuse sukses vir beide verbruikers en ons vennote, Tracker. Gesin-samesyn, pret, musiek en bergfietsry in een van Gauteng se mees asemrowende plekke kombineer alles waarvoor Jacaranda FM as ‘n stasie staan en ons verwag nog ‘n uitmuntende bymekaarkoms in April.”
“Verlede jaar se Off the Beat ‘n Track geleentheid was ‘n onbetwisbare sukses en was die verpersoonliking van Tracker se slagspreuk: ‘To care is to protect.’”, sê Tracker se HUB, Wayne de Nobrega. “Ons weet dat gesinne nie altyd die geleentheid het om so baie tyd saam te spandeer soos wat hulle graag sou wou nie, en hierdie geleentheid bied die perfekte geleentheid vir gesinne om saam pret te hê en vermaak te word in ‘n veilige en verwelkomende omgewing. Ons kan nie wag vir hierdie jaar se geleentheid nie, dis beslis een wat jy nie wil misloop nie.”
Die inskrywingsfooi vir deelnemers is R80 vir die 2km, R120 vir die 5km, R150 vir die 15km en R200 vir die 35km renne, en die algemene toegangsfooi vir diegene wat nie deelneem nie is R75 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12.
Registrasie open om 6vm. Die wegspringtye vir die renne is 7:30vm vir die 35km, 8vm vir die 2km kinderwedren, 8:10vm vir die 5km wedren en 8:30vm vir die 15km wedren.
Besoek www.jacarandafm.com om in te skryf.