Jacaranda FM en SPAR se Carols by Candlelight is die hoogtepunt van Gauteng se feesseisoen-kalender. Dit sal op die 2de Desember by ‘n nuwe Johannesburg-tuiste, St Stithians College, en op die 5de Desember by Lofus Versfeld plaasvind.
Dié jaarlikse geleentheid is ‘n bederf vir die hele gesin met ‘n eersterangse lys kunstenaars en merk die amptelike afskop van die feesseisoen.
Lloyd Cele, Louise Carver, Ross van Prime Circle, Danny K, Majozi, Kelly Khumalo, Cara Frew en Claire Johnston sal die feestyd-vreugde op die 2de na St Stithians bring, terwyl Charlize Berg, Elvis Blue, Jo Black, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Refentse en Joe Niemand die gees van Kersfees na Loftus Versfeld sal bring op die 5de Desember. Die super-talentvolle Mzansi Youth Choir sal by beide geleenthede optree.
Jacaranda FM se aanbieders sal ook die begin van die feesseisoen vier en regstreeks vanaf beide geleenthede uitsaai.
Die SPAR kinder-vermaakterrein sal die kleingoed laat oorloop van vreugde met speelarea’s, speletjies, handwerk, rolprente en meer!
Toegang is gratis, maar om die liefde wyd te deel tot waar dit die nodigste is, word diegene wat Carols by Candlelight bywoon aangemoedig om ‘n speelding te skenk wat aan uitgesoekte liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.
Kerse sal ook te koop wees teen R30, liedboekies teen R10 en ‘n kers-en-liedboekie pakket teen R35. Alle opbrengste sal aan Jacaranda FM Good Morning Angels toegeken word.
Hekke by beide geleenthede open om 16h00 en verrigtinge begin om 19h00 – 21h00.