Woolworths, Villiera Wyne en Riedel glasware het verlede week by Villiera buite Stellenbosch behoorlik feesgevier met die wye verskeidenheid Méthode Cap Classique’s, vonkelwyne en die nuwe Riedel glasware wat nou by Woolworths te koop is, om die feesgety behoorlik te laat sprankel.
Woorde: Maryke Roberts
Foto’s: Clifford Roberts
Woolworths het hul wye reeks MCC’s en vonkelwyne met trots vertoon en gaste die geleentheid gegun om die wye reeks Méthode Cap Classique (bottel gefermenteerde vonkelwyn) wat eksklusief vir Woolworths deur Villiera gemaak word, te proe. Daar was onder meer die Woolworths Villiera MCC Brut wat in 1,5 liter, 750 ml en 375 ml beskikbaar is; die Woolworths Villiera MCC Light Brut (750ml); die Woolworths Villiera MCC Demi Sec (750ml); Woolworths Villiera MCC Brut Natural 2012 (750ml); die Woolworths Villiera MCC Vintage Reserve 2010 (750ml) en die Grier Brut NV Méthode Traditionnelle, wat op Villiera se Franse landgoed, Domaine Grier, gemaak word.
Van 1 Oktober verkoop Woolworths ook nou die gewilde Riedel glasware om ’n volledige inkopie-ervaring aan kliënte te gee, het Rebecca Constable, wynprodukte-ontwikkelaar vir Woolworths, vertel. Die Oostenrykse familiemaatskappy, Riedel, is in 1756 gestig en vervaardig al vir meer as 260 jaar kristalglasware. Dis tans in die 11de generasie.
Rebecca het die proe afgesluit deur te sê dat Riedel glase die wyne se karaktereienskappe baie goed vertoon.
Jeff Grier, wynmaker en een van die eienaars van Villiera Wyne en Pieter Terblanche van Riedel glasware.
Pascal El Azzi van Villiera & Domaine Grier (hul Franse plaas) en Raphaella Frame-Tolmie van Woolworths.
Die spyskaarte vir die middagete en wynproe.
Julian Brewer van Villiera en Rebecca Constable, wynprodukte ontwikkelaar vir Woolworths.