Het jy al ooit gewonder wat agter die skerms by NetFlorist gebeur? Wat gebeur sodra jy jou bestelling geplaas het? Hoe gebeur dit dat dit so vinnig afgelewer word?
Deur: Dané de Klerk
NetFlorist het my genooi vir ‘n agter-die-skerms-kykie in hul stoor om te sien hoe die hele proses werk. Ná dié besoek het ek sommer nuwe waardering vir NetFlorist en die werk wat hul doen!
NetFlorist bestaan uit drie hoofafdelings waaruit jy geskenke kan bestel, onder meer blomme, gebak en geskenkpakke (wat verpersoonlikte geskenke insluit).
Ek was altyd onder die indruk dat wanneer jy aanlyn ‘n bestelling maak, die hele proses, van die bestelling tot en met die aflewering, outomaties deur ‘n netwerk masjiene bymekaargesit en verpak word, maar helaas nie! NetFlorist verskaf werk aan ongeveer 250 mense, dit is nie gedurende spitstye nie, dan werk daar ongeveer 750. So as jy iets bestel word jou bestelling deur iemand bymekaar gesit of gemaak, nie ‘n masjien wat alles outomaties doen nie. Dit is wat NetFlorist so trots Suid-Afrikaans maak en wat elke bestelling ekstra spesiaal maak.
Wat presies gebeur as jy ‘n bestelling by Netflorist plaas?
Hier is die basiese proses wat gevolg word wanneer nie-bederfbare produkte bestel word.
- Jy besoek www.netflorist.com of bel hulle by 087 135 0005 of 0861 300 600 en plaas jou bestelling.
- NetFlorist ontvang die bestelling en die proses begin dadelik.
- Die bestelling word uitgedruk en in ‘n gewone inkopiemandjie gesit.
- Elke bestelling word deur een persoon gedoen van begin tot einde. Die persoon wat verantwoordelik is vir dié spesifieke bestelling neem die mandjie met die bestelvorm is en sit alles wat nodig is vir die spesifieke geskenkpak in die mandjie.
- Daarna neem dieselfde persoon die mandjie met al die produkte na ‘n toonbank en verpak dit mooi.
- Wanneer dit klaar verpak is word dit in die geallokeerde drywer (wat spesifieke roetes vir die dag het) se “baan” gesit. Die drywer kom haal sy/haar bestellings vir die oggend/ of middag en die geskenkpak word dan afgelewer.
Hoe werk dit as jy iets wil verpersoonlik?
Die proses is presies dieselfde. Al wat verskil is dat die mandjie na die “personalisation-kantoor” gaan waar die verpersoonliking plaasvind – of dit nou ‘n bottel wyn met jou geliefde se naam is of ‘n gegraveerde kombuisplank, dit alles word in die “personalisation-kantoor” gedoen. Daarna word dit verpak, net soos die res van die gewone geskenkpakke, gestoor en afgelewer.
En as jy iets by die bakkery bestel?
Die proses is presies dieselfde as vir ‘n geskenkpak, al wat verskil is dat wanneer daar ‘n bestelling deurkom, word dit vars vir jou gebak.
En dan natuurlik – die blomme?
Die blomme werk op dieselfde konsep.
- Jou bestelling word op www.netflorist.com geplaas.
- Daar word volgens datums gewerk – dus word die bestelling uitgedruk en die bos blomme vars opgemaak op die dag wanneer dit afgelewer moet word
- Die bestelling word deurgegaan om te kyk of dit reg opgemaak is
- Dit word in die geallokeerde drywer se baan gesit en dit word afgelewer.
Wat as iemand blomme en ‘n geskenkpak bestel?
As iemand ‘n ruiker en geskenkpak bestel kan NetFlorist ongelukkig nie altyd verseker dat dit saam afgelewer word nie. Dit is as gevolg van hul hoë volume bestellings en produksietyd – bv. ‘n geskenkpak sal langer vat om voor te berei as ‘n eenvoudige ruiker. Hul doen hul bes om die produkte saam af te lewer, maar dit is nie altyd moontlik nie.
Om alles te kroon, werk dié mense teen die spoed van witlig om elke bestelling op tyd klaar en reg te hê. Ons is mal oor die feit dat daar soveel trots Suid-Afrikaanse werkers betrokke is by elke bestelling en vir al die moeite en hande-arbeid wat in elke bestelling ingaan!
Besoek NetFlorist by www.netflorist.com of besoek hulle op sosiale media:
5 gelukkige lesers kan elk hierdie “Feestelike Paasruiker” van NetFlorist wen! Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in.
[ninja_form id=24]