Die landgoed, Graham Beck buite Robertson, wie se internasionaal bekroonde Méthode Cap Classique-portefeulje een van Suid-Afrika se lieflinge is, het onlangs die wêreld se mees gevierde glasware vir hul borrels bekend gestel.
Met die bekendstelling van dié uitsonderlike nuwe glasware as deel van die proe-ervaring, wys Graham Beck die delikate verhouding tussen vonkelwyn en die glas waaruit jy dit drink.
Gaste is by The Stack in die Kaapse middestad onthaal.
“Ons glo dat die keuse van ‘n glas die algehele sensoriese ervaring van die genot van vonkelwyn beïnvloed,” sê keldermeester en wynmaker, Pieter “Bubbles” Ferreira. “In ons soeke na perfeksie, het ons die beste kwaliteit glase uitgesoek, wat elkeen die individuele style en buitengewone veelsydigheid van ons MCC-portefeulje komplementeer.”
Drie glase is bekend gestel, die Riedel Ouverture Vonkelwynglas vir die Graham Beck Nie-Oesjaar-reeks; die Riedel Veritas Vonkelwynglas vir die Graham Beck Oesjaar-reeks en die Lehmann Jamesse Prestige Grand Champagne Mouth Blown Glass vir die Graham Beck Cuvée Clive.
Die Riedel Ouverture Vonkelwynglas het ‘n effe gebuigde bol, wat die kompleksiteit van ‘n vonkelwyn-bouquet op sy beste vertoon. ‘n Klein, geëtste gedeelte aan die onderpunt van die bol van die glas, waarborg ‘n reëlmatige stroom van fyn borrels.
Die Riedel Veritas Vonkelwynglas verseker dat die nuanses van die klassieke vonkelwyn-druifsoorte, Chardonnay en Pinot Noir, ten beste na vore kom. Die groter bol wat oorgaan in ‘n tulpvormige glas en ‘n nouer neus, help om al die aromas van hierdie wyn vry te stel deur meer aërasie. ‘n Papierdun rantjie wat die wyn en borrels oor die hele tong versprei, verseker die perfekte borrel-vloei.
Cuvée Clive verteenwoordig die beste van Graham Beck se MCC en word in die Lehmann Jamesse Prestige Grand Champagne Mouth Blown Glass – ‘n samewerking tussen Master Glssmakers en Lehmann Glass, in vennootskap met die sjef/sommelier Philippe Jamesse – ten toon gestel. Die wye en rojale rondheid van die glas voorsien ‘n optimale “uitrek” van die wyn. Die gepunte basis is só gemaak om die lang en presiese bruising te verleng. Hierdie glase raak geleidelik nouer en dit verleen tyd wat nodig is om die aromatiese komponente vry te laat en te onthul.
Alle toekomstige MCC-proeë by die Graham Beck landgoed op die R60 buite Robertson, sal voortaan met die nuwe, uitgesoekte glasware gehou word.
Derrick Erwee, hoof kroegman by The Stack, by Pierre de Klerk, wynmaker by Graham Beck.
Yskoue Graham Beck vonkelwyn is met aankoms bedien.
Bubbles Ferreira en sommelier Stephen Ray van Cellars-Hohenhort.
Die verskillende glase wat met die verskillende MCC gepasmaat is.
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.