Volgens ‘n nuwe studie behoort konstante nagmerries ernstig opgeneem te word …
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Ons almal kry nou en dan nagmerries. Gewoonlik skrik jy wakker en vertel dalk vir jou geliefde of kollegas van jou vreemde droom en is maar net te dankbaar dat dit nie die werklikheid was nie. ‘n Nuwe studie deur sielkundiges aan die Universiteit van Turku in Finland dui egter daarop dat gereelde nagmerries ‘n waarskuwingsteken van ‘n ernstiger geestesgesondheidskwessie kan wees.
Die risiko is nie baie groot nie, vertel die studieleier Nils Sandman, maar die boodskap is wel dat voortdurende ontstellende nagmerries ernstig opgeneem moet word en dat hulp verkry moet word.
Die studie het nagmerries as intense drome met ‘n negatiewe emosionele ondertoon beskryf. Sandman sê daar is toenemend bewyse dat nagmerries met welstandskwessies verband hou en in die toekoms meer aandag behoort te geniet.
BRON: www.independent.co.uk