Stres suig maklik die vreugde uit ons lewens, skryf Vrouekeur se redakteur, Eldaleen Hugo, in ons 20 Februarie-uitgawe. Sy deel allerhande interessante aanhalings van mense oor stres. Hier deel ons nog ‘n stukkie
‘n Sielkundige het in ‘n kamer rondgestap en ‘n praatjie oor stresbeheer gehou. Toe sy ‘n glas water oplig, het almal verwag dat sy hulle sou vra of dit half vol of half leeg is. Sy het egter met ‘n glimlag gevra, “Hoe swaar is hierdie glas water?”
Antwoorde het gewissel van 8 onse tot 20 onse.
Sy sê toe, “Absolute gewig maak nie eintlik saak nie. Dit hang af van hoe lank ek dit vashou. As ek die glas vir ‘n minuut vashou, is dit nie ‘n probleem nie. As ek dit vir ‘n uur vashou, word my arm seer. As ek dit ‘n hele dag vashou, sal my arm lam en gevoelloos word. Die gewig van die glas verander in geen van die gevalle nie, maar hoe langer ek dit vashou, hoe swaarder word dit.”
Sy sê toe: “Die stres en bekommernisse van die lewe is soos dié glas water. As jy net ‘n rukkie oor hulle dink, gebeur daar niks nie. Indien jy ‘n bietjie langer daaroor nadink, begin dit jou seermaak. As jy heeldag daaroor dink, sal dit voel asof jy verlam is, asof jy niks kan doen nie.”
Onthou om die glas neer te sit.