Waterfall Park, geleë in die Mall of Africa in Gauteng, gaan binnekort die tuiste wees van ’n betowerende tentoonstelling van liggies, musiek, plaaslike en internasionale talent en die beste buitelug-feesseisoenvermaak wat Suid-Afrika nóg gesien het!
Vanjaar hoef gesinne, wat met Jan Tuisbly se Karretjie Ry, nie verveeld by die huis te sit nie. Vanaf 25 November 2016 tot 24 Desember 2016 gaan die Amfiteater, by die land se voorste inkopiereus, omskep word in ’n skouspelagtige lushof van indrukwekkende beligting en spesiale effekte, feesversierings, musiek en toneelstukke, wat grootouers, ouers en cool tieners net soveel sal geniet soos die kleinspan.
’n Asemrowende stel van nege meter hoog deur Juan Boshoff, 104 kleurvolle kostuums, 22 km se vonkelende feëtjieliggies, ’n reuse verhoog, betowerende feesbeeldjies met vrolike beligting, ’n unieke liggiewaterval van 160m en ’n wêreldklas konsert bied die perfekte bestanddele vir ’n fabelagtige ervaring, wat jy nog nooit tevore beleef het nie.
Wen kaartjies na die Fantacy of Light-vertoning by Mall of Africa. Klik hier om in te skryf
Oorspronklike feesmusiek, wat spesiaal gekomponeer is deur die internasionaal-bekroonde komponis, Brendan Jury en musiekvervaardiger, Bernadette Vercellino, skep die ideale agtergrond vir ’n humoristiese fantastieverhaal met ’n boeiende storielyn en karakters wat uit die staanspoor diep in jou hart nesskop. Uitstekende choreografie deur Weslee Lauder en vrolike uitrustings deur Delene Holt, Heidi du Toit van Hollywood Costumes en Mercedes de Bruyn gee lewe aan dié pantomime uit die pen van een van ons land se bekendste aktrises en regisseurs Lizz Meiring, in samewerking met bekroonde ontwerper Juan Boshoff en vervaardiger Rudi Kesting van Production Projects. ’n Talentvolle toneelgeselskap, wat met die hand uitgesoek is, komplementeer die hoë gehalte produksie, wat die gehoor se asems behoorlik sal wegslaan.
Hierdie skouspel bied ’n ongelooflike een-keer-in-’n-leeftyd-ervaring met hope pret vir die hele gesin. Vertonings sal elke aand, van Maandag tot Sondag, onder die sterre plaasvind. Hekke open om 18:00 en teen 20:00 kan 3 000 gaste gereed maak om vir 70 minute weggevoer te word na ’n boeiende wonderland, waar sirkusmalligheid en feesgety mekaar ontmoet. Kaartjies, wat by Computicket bespreek kan word, beloop R120 vir volwassenes, terwyl kinders onder agtien en pensioenarisse slegs R80 toegang betaal. Bespreek jou kaartjies hier
Veilige parkering is beskikbaar en kaartjies sal gerruil word vir ander datums indien die weer nie op die dag saamspeel nie.
Kosstalletjie is beskikbaar, so bring jou gesin en vakansiegees en kom kuier saam met jou gunsteling-feeskarakters. Hulle sal jou vermaak met pittige sêgoed, wonderlike liedjies en akroebatiese danspassies – soos wat jy nog nooit vantevore gesien het nie. Fantasy of Light is soveel meer as net nog ’n vertoning… dis ’n belewenis! Vir meer inligting besoek www.theparkwaterfall.co.za.
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/FantasyOfLight/
Twitter: @waterfall_park #FantasyOfLight
Instagram: @fantasyoflight2016