Bodytec gebruik Electro Muscle Stimulation (EMS) om daardie spiertjies wat jy nie eers geweet het bestaan nie, te oefen.
Dié tegniek is vreeslik effektief, want na net een sessie het Vrouekeur se digitale redakteur vir meer as ’n week met stywe spiere rondgeloop. Die voordeel van dié tipe oefening is dat jy jou spiere verder kan druk as wat met gewone oefening moontlik is. ’n Ander voordeel is dat jy nie vreeslik hoe frond te hardloop om jou spiere te oefen nie – die elektro-impulse stimuleer jou spiere vanself.
Tydens ’n Bodytec-sessie sal jy klere kry om aan te trek, want om die EMS te laat werk moet die instrukteur jou effens natmaak met ’n watersproeiertjie. Bo-oor jou oefenklere kom ’n paar pads waaraan die draadjies wat die EMS moontlik maak, gekoppel word. Die instrukteur sal elke ’n stel spiere op ’n slag met die EMS stimuleer en jy kan self besluit hoe baie spierstimulasie jy kan hanteer. Hierop volg so 20min se oefeninge waarna die sweet jou omtrent sal aftap.
Bodytec is ’n all-round oefening wat
– Core versterk
– Vet-inhoud verminder
– Jou spiere definieer
– Jou fisieke sterkte en uithouvermoë verbeter
As jy Bodytec doen, is jy boonop in goeie geselskap – die voormalige Mej Heelal Michelle McLean, die Top Billing-aanbieder Jo-Ann Strauss en musiekman Arno Carstens is gaande oor Bodytec.
Meer inligting
Besoek die Bodytec-webwerf