Die Axehill Cape Vintage 2013 is die algehele wenner van die jaarlikse Cape Port Producers’ Association (Cappa) Challenge se port-afdeling
Maryke Roberts
Calitzdorp het feitlik skoonskip gemaak met alles behalwe vyf wenners uit die 62 inskrywings in beide afdelings.
Die wen-port is gemaak van die Portugese kultivars Touriga Nacional, Tinta Barocca en Souzão.
Die prysuitdeling is onlangs by die historiese Muratie Wyne buite Stellenbosch gehou.
In die tweede plek algeheel is die KWV Cape Tawny (nie-oesjaar), terwyl Boplaas se Cape Tawny 1995 die tweede plek in die Cape Tawny klas verower het.
In die Cape Vintage-klas is Axe Hill se 2013-oesjaar die algehele wenner met De Krans Cape Vintage Reserve 2013 in die tweede plek. De Krans het ‘n verdere twee goues gewen met hul De Krans Cape Vintage Reserve 2014 en De Krans Cape Vintage 2013.
In die Cape Ruby-klas is Calitzdorp Wynkelder se Cape Ruby die algehele wenner met die KWV Classic Collection Cape Ruby in die tweede plek.
In die museumklas is die gesamentlike wenners KWV Limited Release 1961 en De Krans Cape Vintage Reserve 2005. Boplaas het twee goue medaljes verower, met die Boplaas Cape Vintage Reserve 2005 en 2006.
In die tafelwyn-afdeling vir natuurlike wyn gemaak van tradisionele port-kultivars, het Boplaas altesaam vier plekke onder die top 10 losgeslaan, met die Boplaas Reserve Ring of Rocks 2013, Boplaas Tinta Barocca 2015, Boplaas WW Tinta Barocca 2014 en Boplaas Portuguese Collection 2016.
De Krans het drie plekke onder die top 10 gekry met die De Krans Tritonia 2014, De Krans Tinta Barocca 2013 en De Krans Tinta Roriz 2013. Die ander drie plekke word beklee deur die Bergsig Touriga Nacional 2015, Bergsig Touriga Nacional 2013 (van Breedekloof) en Overgaauw Touriga Nacional 2015.
Christine Rudman, sameroeper van die proepaneel, saam met paneellid, Winnie Bowman.
Morné Vrey van Delaire Graff Wines, Daniel Nel van Boplaas en Louis van der Riet van De Krans Wyne.
Marlize Jacobs van Vergenoegd Wyne en Peter Bayly en sy vrou, Yvonne, van Peter Bayly Wines.
Christine Rudman gee die beoordelaarspaneel se terugvoer in die intieme eetkamer by Muratie.
SOURCES
Clifford Roberts