Daar is die afgelope naweek groot feesgevier onder die horingoue akkerbome op die historiese Muratie Wynlandgoed buite Stellenbosch
Deur: Maryke Roberts
Foto’s: Clifford Roberts
Die Melck-familie het hul arms wyd vir al die lede van hul wynliefhebber-familie oopgegooi waar almal in die koelte met heerlike Muratie-wyne en kos uit die Muratie Plaaskombuis ontspan het.
Diegene wat vroeg wou opstaan, kon deelneem aan die begeleide bergfietstoer, gaan druiwe trap in die vate of later die privaat-wynproe deur wynmaker Hattingh de Villiers bywoon. Gaste kon later aan gourmet burgers, samoesas, kaasborde en salmtoebroodjies smul, met die strelende klanke van die Kaapse Affodille Dames Boereorkes en daarna die Kitchen Jammin Blues Band.
Voor jou oë wou toeval van die luiheid, het die plaastrekker gewag vir trekkerritte deur die wingerde.
Die familiefees is nou al ’n integrale deel van die Stellenbosch Wynroetes-kalender.