Giulio Bertrand, eienaar van Morgenster Wynlandgoed in Somerset-Wes, wat in 1711 gestig is, het onlangs die Morgenster 2012 Bordeaux- en 2013 Italiaanse-versamelings by ‘n spesiale proe en middagete op die plaas bekendgestel.
Maryke Roberts
Die proe is bygewoon deur die media, verskeie Italiaanse- en Franse wynkenners en -kopers.
Die gas vir die dag was die wynkonsultant, Pierre Lurton van Château Cheval Blanc, wat sedert die landgoed se eerste oesjaar 19 jaar gelede, nou betrokke by die wynmaakproses op die plaas was.
Giulio het vertel dat dit altyd sy droom was om wonderlike Bordeaux-versnitte op Morgenster te maak en het Pierre hiervoor bedank.
“Maar dit was ook altyd my passie om wonderlike Italiaanse wyne van edel Italiaanse variëteite te maak. Einde ten laaste is daardie droom nou ook verwesenlik. Morgenster is die enigste plek in Suid-Afrika waar die klone, Nebbiolo en Sangiovese, geplant is.
Die wyne wat bekendgestel is, is die Morgenster Reserve 2012 – die landgoed se vlagskip Bordeaux-versnit en die derde oesjaar vir wynmaker Henry Kotzé, wat glo die wyn sal vir die volgende 20 jaar uitstekend wees. Ook die Morgenster Lourens River Valley 2012, ook ‘n Bordeaux-versnit.
Die Morgenster Italian Collection Nabucco 2013 is die sewende oesjaar uit die 1,6 hektaar Nebbiolo-wingerd. Nog een van die wyne wat Henry glo op sy beste op 20 jaar sal wees.
Die Morgenster Italian Collection Tosca 2013 is ook die sewende oejsaar en sal in sewe jaar op sy beste wees. Dis ‘n versnit van Sangiovese versny met Merlot en Cabernet Sauvignon.
Laasgenoemde drie wyne spog al drie met 4½ sterre in die 2016 John Platter’s wyngids.
Die landgoed ontvang jaarliks nasionale en internasionale toekennings vir hul wyne en olyfolie.
Die verouderingskelder van Morgenster is ingespan as wynproe-lokaal vir die geleentheid.
Wynmaker Henry Kotzé en wynkonsultant Pierre Lurton van Château Cheval Blanc.
Seun en pa, George en Giorgio Dalla Cia – die legendariese wynlegende van Meerlust Landgoed wat pionierswerk gedoen het in die skepping van Bordeaux-styl versnitte in Suid-Afrika en ook die eerste Grappa-distilleerder op ‘n Suid-Afrikaanse landgoed begin het
Alberto Del Cinque en Giulio Bertrand, eienaar van Morgenster Wynlandgoed.
SOURCES
Maryke Roberts