Pieter Toerien en Hazel Feldman se aanbieding van Annie in die Kunstekaap Operateater, het omtrent die Kaap Annie-koors gegee.
Jy vang jouself dae later dat jy steeds “Tomorrow” en “It’s a Hard Knock Life,” “Easy Street” en “I Don’t Need Anything But You” sing.
Die musiekblyspel is gebaseer op die boek van Thomas Meehan, met musiek deur Charles Strouse en lirieke deur Martin Charnin.
Die stuk speel af in die 1930’s in New York gedurende die Groot Depressie en die weeskind Annie, besluit om na haar ouers te gaan soek. Hulle het destyds ’n briefie gelos om te sê hulle kom eendag terug vir haar. Haar geluk draai, wanneer sy deur die bekende biljoener, Oliver Warbucks, se assistent, Grace gekies word om Kersfees in sy luukse huis op 5th Avenue deur te bring. Die aaklikge weeshuismoeder, Mej. Hannigan en haar nare broer, Rooster, beraam egter ’n plan om Annie se geluk en toekoms te belemmer.
Die Suid-Afrikaanse rolverdeling met onder meer Charon Williams-Ros as die aaklige Mej. Hannigan, Neels Clasen as Daddy Warbucks, Taryn Sudding as die sekretaresse, Grace, Stephen Jubber as die skurk Rooster en Delray Halgryn as Lilly.
Annie se regisseur is Nick Winston met choreografie deur Heather Scott Martin. Die span het ses maande lank gesoek vir ’n geskikte Annie en drie in Kaapstad gevind: Emma-Rose Blacher, Lilla Fleischmann en Caitlin Dicker. Die weeskinders roteer ook en daar is ’n totaal van 18, waarvan ses per vertoning te sien is. Sandy, die hond, word gespeel deur twee verskillende optelhonde, wat deur Jill Stephens van Lakeside afgerig is.
Annie is heerlike feestyd vermaak en by die Kunstekaap Opera Teater tot 8 Januarie 2017. Bespreek by Computicket of (021) 217-695.
Johanna Stone, Gail Marais, Vernon en Rosemary Gibbs van Vishoek, woon die openingsaand van Annie by.
Liza Valayadum en Aidan Valayadum van Vishoek en Ashleigh McKie van Kommetjie by die geleentheid.
Die groepie van Beaumont Primêr op Somerset-Wes is baie opgewonde oor die vertoning.
Tyd vir foto’s teen die Annie-muur!
Program vir jou?
Die assistent Grace, Annie en die biljoenêr, Oliver Warbucks.
Groot Kersfees-vrolikheid met al die weeskinders en die president heel voor.