Wat dink jy van hierdie studie se bevinding?
Selfs in mense se intiemste tye loer hulle glo op hul foon … Loer wat hierdie studie sê!
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Volgens ‘n opname wat deur die Amerikaanse maatskappy SureCall gedoen is, erken 10% van mense dat hulle tydens seks gou op hul foon loer. Van daardie 10% het 43% erken dat hulle dit twee tot tien keer die afgelope jaar tydens seks gedoen het.
Ongelukkig is dit nie bekend wat hul maats daaroor te sê het nie …
Lees ook: 6 iPhone truuks waarvan jy nie geweet het nie
Die respondente het gesê hulle wil altyd hul fone by hul hê – maak nie saak wat gebeur nie.
69% erken hulle kyk op hul fone as hulle die toilet gebruik en 59% doen dit glo sommer op ‘n daaglikse basis.
Aldus die studie, is dit meer die jonger garde wat te alle tye hul foon by hulle moet hê, veral diegene in die 18-34-jaargroep. Dis ook hulle wat eerder as diegene in tussen 35 en 51 wat tydens seks op hul fone sal loer …
Bron: www.wcpo.com