’n Nuwe boek deur die bekende slagter en glanspersoonlikheid, Andy Fenner, getiteld Meat Manifesto, is onlangs by sy se moderne slaghuis, Frankie Fenner Meat Merchants in Woodstock, bekend gestel
Deur Maryke Roberts
Foto’s Clifford Roberts
Die boek is meer as net ’n resepteboek, dis ’n praktiese handleiding oor die verskillende vleissnitte, hoe jy die beste snit kies, hoe om dit korrek te sny en hoe om dit voor te berei.
LEES OOK: Mareli Visser se nuwe resepteboek, Uitgerys, is hier!
Andy sê jy kan nie vleis verkoop, mits jy weet hoe om dit behoorlik te berei nie. Andy rook, braai en rooster sy pad deur bees, vark, lam, wildsvleis en het ook verskeie eksotiese resepte soos tong, ore en afval, maar skeep ook nie die beginner af nie: hy wys selfs hoe om ’n varktjoppie behoorlik gaar te maak.
LEES OOK: Wynmaker: Ben Snyman
Hy moedig lesers selfs aan om hul eie spek by die huis te maak en is ’n voorstander vir vrywei beesvleis. Andy is nie net ’n gesaghebbende kenner oor vleis nie, maar ook al aangewys as die Mail&Guardian se top 300 Jong Suid-Afrikaners en ook ’n Eat Out beoordelaar vir die afgelope twee jaar. Hy skryf vir verskeie tydskrifte en glo sy boek sal lesers se verhouding met hul voedselverskaffers versterk, sodat die toestande waaronder vleisdiere grootgemaak en die karkasse verwerk word, kan verbeter.
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.