Dit was verlede week voorwaar die kragmeting tussen die manlike- en vroulike geslag by die Ultra Mussels-uitdaging by Den Anker Restaurant in die Kaapstadse V&A Waterfront.
Maryke Roberts
Gaste kon mossels en bitterballen en skyfies met mayonnaise geniet met ‘nuitsig oor Tafelberg, terwyl hulle van die land se voorste wyne proe. Die proetafels was ingedeel in manlike- en vroulike wynmakers.
Doekle en Rejeanne Vlietman van Den Anker vier vanjaar die restaurant se 21ste verjaardag en het vir elkeen van die 200 gaste 1kg mossels voorberei. Die wynplase wat deel van die uitdaging was met hul vroulike wynmakers was Blaauwklippen, De Morgenzon, Fleur du Cap, Haskell Vineyards, The House of JC le Roux, Simonsig, Uitkyk en Warwick. Die dorings onder die rose was Ernie Els, Beyerskloof, Delaire Graff, Glenelly, Kanonkop, Kleine Zalze, Rust en Vrede.
Luke Krone (organiseerder van die geleentheid) by sy broer, wynmaker Matthew Krone.
Luke O’Cuinneagain (Glenelly Landgoed), Louis Strydom (Ernie Els Wyne) en Morné Very (Delaire Graff Landgoed).
Jean Smuts en Elunda Basson van The House of JC le Roux.
Debbie Thompson (Simonsig Wynlandgoed), Estelle Lourens (Uitkyk) en Rianie Strydom (Haskell Vineyards).
Elke gas het 1 kg mossels gekry!
SOURCES
Clifford Roberts