Wie is nie mal oor die soet smaak van pynappels nie? Dis geen wonder nie dat dit een van die wêreld se gunstelingvrugte is nie. Hulle is nie net heerlik nie, maar bied ook aansienlike gesondheidsvoordele.
Bromelain:
Bromelain is ‘n ensiem wat in pynappelsap teenwoordig is en soms as medisyne gebruik word. Dit produseer stowwe in die liggaam wat help om pyn en ontsteking af te weer. Bromelain word om ‘n verskeidenheid redes gebruik, soos om swelling te laat bedaar, hooikoors te behandel, spiere te laat verslap, vet te verminder en selfs om kanker te verhoed.
Vitamien C:
Vitamien C verskaf antioksidant-beskerming en ondersteun ons immuunstelsel. Sitrusvrugte, soos pynappels, bevat geweldig hoë vlakke van vitamien C. Dis hoekom ons altyd aangeraai word om sitrusvrugte te eet as ons ‘n verkoue of griep het.
Mangaan
Mangaan is ‘n noodsaaklike voedingstof wat koolhidrate, cholesterol en proteïene verwerk. Pynappels bevat heelwat van dié mineraal. Mangaan is ook nodig om energie en antioksidante op te wek.
Vitamien A:
Pynappels bevat groot hoeveelhede Vitamien A, wat tot goeie sig en ‘n gesonde vel bydra en slym verminder.
Laag in kalorieë:
‘n Vars pynappel bevat so te sê geen kalorieë nie.
As jy in ag neem hoeveel gesondheidsvoordele hierdie een vrug bevat, kan jy maar totsiens sê vir duur gekoopte middele. Sluit pynappels in ‘n vrugteslaai in of eet hulle op hul eie en trek voordeel uit die vitamines en voedingstowwe. Dit sal jou beslis sommer beter laat voel.
Jy kan pynappels ook nes ander vrugte versap. Maak jou eie hoesstroop volgens hierdie resep:
Pynappelhoesstroop
– 1 koppie vars pynappelsap
– ¼ koppie vars suurlemoensap
– 1 stukkie gemmer (omtrent 7 cm), fyngesny
– 1 e rou heuning
– ½ t cayenne-peper
Meng alles en drink ‘n ¼ koppie daarvan twee- tot driemaal per dag totdat jy beter voel.
As jy ‘n pynappel wil koop, moet jy een kies wat lekker swaar is, geen kolle of kneusplekke het nie en aan die onderkant soet ruik. Pynappels word gou oorryp, dus moet hulle binne twee dae nadat hulle gekoop is, gebruik word.
BRON http://familylifegoals.com