Talle studente skryf vir verdere studie in. Die kursusse is taai, veeleisend en nie almal maak klaar nie…
ANNE MARAIS
Is jy ‘n kandidaat vir opskop?
Talle studente skryf vir verdere studie in. Die kursusse is taai, veeleisend en nie almal maak klaar nie. Talle studente sit hande in die hare en weet nie herwaarts of derwaarts nie. Is dit dalk tyd om op te skop? Lees gerus in dié week se uitgawe van Vrouekeur meer oor verdere studie, wat dit behels om op te skop en hoe om dit te hanteer. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy ‘n kandidaat is vir opskop:
1) Is jy ongelukkig met jou kursus?
2) Is jy verward en onseker oor wat jy met jou lewe wil doen?
3) Het jy bloot ‘n kwalifikasie gekies om iets te hê om te studeer sonder om die voordele en nadele deeglik in oorweging te neem?
4) Studeer jy om iemand anders te plesier?
5) Wil jy eerder iets anders doen?
6) Voel jy dat die kursus met jou persoonlike waardes en belangstellings bots?
7) Is jy bloot op universiteit om “in” te wees en omdat al jou vriende daar is?
8) Voel jy asof die kursus bokant jou vermoë is?
9) Voel jy onvervuld met dit wat jy doen?
10) Is jy emosioneel op ‘n slegte plek en voel dit asof jou lewe uitmekaarval?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is dit tyd om jou situasie te heroorweeg. Bespreek dit met jou ouers en ‘n beroepsvoorligter. Vind uit waarom jy wil opskop en maak seker dis nie omdat jy nie wil vasbyt en deur druk nie. Gaan sien ‘n opvoedkundige sielkundige, doen psigometriese toetse en doen wat vir jou reg is!