Is jy soms lus om op jou tiener se selfoon te loer? Hoeveel privaatheid is genoeg?
ANNE MARAIS
Vraelys – Het jou kind te veel privaatheid?
Stry jy en jou tienerkind oor privaatheidskwessies? Hoeveel privaatheid is genoeg vir jou kind? Lees gerus in dié week se uitgawe van Vrouekeur meer oor tieners en hul privaatheid.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou kind te veel privaatheid geniet:
1) Dra jy kennis van jou kind se vriende en opmerkings op sosiale media?
2) Is jou kind openlik oor opmerkings en vriende op sosiale media?
3) Is jou kind eerlik oor foute en mislukkings?
4) Het jou kind die vrymoedigheid om oor seks met jou te praat?
5) Ken jy al jou kind se vriende?
6) Is jou kind bereid om met jou te praat oor dinge wat pla?
7) Is jy betrokke by belangrike besluite in jou kind se lewe?
8) Is jou kind oor die algemeen ‘n oop boek oor sy of haar lewe?
9) Handhaaf jy oop kommunikasiekanale met jou kind?
10) Weet jy wat in jou kind se skoolwerk aangaan?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “nee” is, behoort jul kommunikasie te verbeter en moet julle veral kyk na die veiligheidsaspek.