Leonardo DiCaprio het dit gedoen! Uiteindelik het hy die Oscar vir Beste Akteur in The Revenant gewen. Tot dusver het DiCaprio meer as 40 toekennings gewen en was al ses keer vir ‘n Oscar benoem.
Ná ‘n hartlike applous het DiCaprio die ander benoemdes, die rolverdeling en die span van The Revenant badank. Hy het op ‘n groot noot afgesluit met ‘n uitspraak oor die omgewing: “Klimaatsverandering is werklik en dit gebeur nou. Dit is die dringendste bedreiging wat ons spesie in die gesig staar en wat ons bedreig. Ons moet saam werk en ophou uitstel. Ons moet wêreldleiers ondersteun wat vir die mensdom opstaan.”
Loer hier onder vir ‘n voorskou van The Revenant
[iframe width=”450″ height=”253″ src=”https://www.youtube.com/embed/LoebZZ8K5N0?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]