CHRISTIAAN J DE SWARDT
Leon se eerstes
Uiteindelik het die rolprentkenner Leon van Nierop ‘n boek – Daar doer in die fliek – geskryf vir almal wat die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf op die hart dra, liefhet, bande daarmee gevorm het en met nostalgie terugdink aan die eerste Afrikaanse rolprent wat hulle gesien het.
Hier deel Leon van daai eerstes:
- Voorleesstorie: “My ma was ‘n bobaasstorieverteller en het elke aand vir my stories gelees. Ek onthou veral Racheltjie de Beer.”
- Leesboek: Die Skatkis-reeks, spesifiek Die 4 Musikante van Bremen toe hy vier jaar oud was.
- Luisterradioverhaal: Die Du Plooys van Soetmelksvlei in die vroeë sestigerjare.
- Radio: “Alles het begin toe ek ‘n telegram op 22 Desember 1974 gekry het wat gemeld het dat ek my omroeperstoets geslaag het en op 2 Januarie 1975 sou begin. Van daar af het ek die bedryf mooi uitgekyk en besluit waarheen ek eintlik wil mik.”
- Nuusbulletin: “Ek het my eerste nuusbulletin op 31 Januarie 1975 om 13:15 die middag gelees. Dit het gebeur kort nadat Jamie Uys my vir sy rolprent Funny People ‘n fop-nuusbulletin laat lees het en ek dit glo nie te sleg gedoen het nie. Toe het die destydse Afrikaanse Radiodiens my genoeg vertrou om ‘n maand nadat ek aangestel die nuus te laat lees.
- Uitgesaaide radiovervolgverhaal: Die huis in Hertestraat (1977).
- Gepubliseerde kortverhaal: Bosveld in 1977 vir Huisgenoot.
- Afrikaanse TV-reeks gekyk: Drama Drama (1977).
- Afrikaanse TV-reeks geskryf: Moord op die lug (1984).
- Gepubliseerde boek: Hotel Shwalane in 1977 by Tafelberg Uitgewers.
- Eerste fliek gekyk, Afrikaans: Daar doer in die bosveld (1958).
- Eerste fliek gekyk, Engels: The Ten Commandments (1959).
- Eie rolprent as draaiboekskrywer en vervaardiger: Wolwedans in die skemer (2012).
- Gedigte: Spesiale gedigte vir Ballade vir ‘n enkeling en vir die vertoning Leon en Rocco en ander instrumente saam met Rocco de Villiers by die Stellenbosse Woordfees en die KKNK.
- Die grootste rolprenttrots- en lokettreffersukses: Ballade vir ‘n enkeling; net onder R8 miljoen.
- Toekennings:
- Die Twilight Life Time Achievement Award in 1999 vir sy bydrae tot die vermaaklikheidsbedryf in SA die vorige 25 jaar.
- Die Caxton-toekenning vir joernalistieke uitmuntendheid as skrywer van die jaar (2009, 2011 en 2014).
- ATKV Mediaveertjie as beste dramaregisseur (2011).
- ATKV Mediaveertjie vir die beste dokumentêre program of programreeks vir Die Afrikaanse rolprent gister en vandag op RSG.
- Onvergeetlikste oomblik nog: “Toe ek die volledige Ballade vir ‘n enkeling die eerste keer gesien het en besef het dat Quentin Krog die rolprent verfilm het presies soos ek dit geskryf het en in my geestesoog gesien het. En toe ek in 1992 ‘n onderhoud met Steven Spielberg in Amerika gevoer het.
- Loopbaanhoogtepunte: “Toe ek die radiodrama Hirosjima Mon Amour opgevoer het en ‘n ATKVeertjie daarvoor gekry het en die gewildheid van die TV-reeks Daar doer in die fliek as TV-reeks. Maar veral toe ons vir laasgenoemde met ‘n kombi deur die land gereis het en met verskeie rolprentlegendes gaan gesels het.”
GUNSTELINGGOED
- Kleredrag: Jeans
- Geregte: Spaghetti. Enige spaghetti wat ek as gevolg van my dieet nie mag eet nie!
- Drankie: Gin & tonic
- Kleur: Rooi
- Klank: Paddas ná die reën
- Geur: Varsgebakte beskuit
- Emosie: Liefde wat ook met vertroue gepaardgaan
- Bederf: Om ‘n hele dag niks te doen nie
- Ontspanning: Stap deur die Bosveld
- Verslawing: Magnums (wat ek ook nie mag eet nie)
- Beheptheid: Met wat in die rolprentbedryf gebeur …
- Blom: Delphinium
- Plant: Bougainvillea
- Vakansieplek: New York
- Dier: Skilpad
- Musiekgenres: Rolprentklankbane
- Skrywers: Ayn Rand, Daphne du Maurier, Hennie Aucamp
- Rolprentsterre: Steve McQueen en Cate Blanchett
- Skilderkuns: Modigliani, Chagall
- Aanhaling: “If you’re going through hell, keep going” – Winston Churchill.
- Sêding: “Oukei ouens, kom ons neem op” (Vir sy radiospelers)