Al is produkte soos grappa en prosecco hier beskikbaar, is die onlangse geleentheid wat deur Bottega in Kaapstad gehou is, bewys daarvan dat daar aansienlike ruimte vir groei is.
Maryke Roberts
Die wêreld is vol interessante kos- en dranksoorte. Vir Suid-Afrikaners het dié uit Italië oor die jare vir verskeie redes aanloklik geword. Al is produkte soos grappa en prosecco hier beskikbaar, is die onlangse geleentheid wat deur Bottega in Kaapstad gehou is, bewys daarvan dat daar aansienlike ruimte vir groei is.
By Bar Stuzzico/Villa47, het Giuliana Abrahamse aan gaste verduidelik dat grappa van die doppe en stingels van druiwe gemaak word. Dit word gefermenteer en dan gedistilleer. Profumi D’Italia verteenwoordig die Bottega-distilleerdery in Suid-Afrika en bied gereeld inligtingsessies om kennis oor grappa en prosecco te versprei.
Lank nie meer die sterk, growwe spiritus van vroeër jare nie, word grappa se produksie streng gereguleer en as deel van kontemporêre Italiaanse elegansie beskou. Giuliana het onder meer verduidelik dat grappa beslis nie in een teug gesluk word nie; dis vir stadig drink en ‘n stadige hitte in jou bors is bewys dat jy dit reg geniet.
Grappas is ook beskikbaar in ‘n reeks aanloklike vrugtegeure, wat veral vir die maak van mengeldrankies gewild is.
Bottega maak en versprei onder andere, Grappa Alexander; Grappa Chianti, wat later vanjaar in SA beskikbaar sal wees; Grappa Vendemmia Tardiva, van edel laat-oes druiwe; Cianduia Bottega, ‘n likeur van grappa en sjokolade.
Die intieme klein kelder by Bar Stuzzico/Villa47waar die proe aangebied is.
Die Caffe Corretto.
En hoe dan nou anders as om jou grappa met Italiaanse kouevleise, olywe en kaas te geniet.
Grappa Alexander di Moscato wat heerlik is in espresso of net skoon as digestif geniet kan word.
Een van die grappa-roomlikeurs.
Grappas is ook beskikbaar in ‘n reeks aanloklike vrugtegeure, wat veral vir die maak van mengeldrankies gewild is.
SOURCES
Clifford Roberts