Gold Brands maak binnekort die eerste ikoniese Britse restaurant, Las Iguanas in Johannesburg oop.
Gold Brands, die enigste kitskos kleinhandelmaatskappy wat op die Suid-Afrikaanse JSE AltX gelys is, bring binnekort die Britse restaurant handelsnaam Las Iguanas, wat spesialiseer in outentieke Meksikaanse, Brasiliaanse en Suid-Amerikaanse kos en skemerkelkies, na Suid-Afrika.
“Suid-Afrikaners is altyd honger vir nuwe eet-ervarings en Las Iguanas sal hierdie leemte vul met hulle goed ontwikkelde konsep,” sê Stelio Nathanael, hoof uitvoerende beampte van Gold Brands, wat in Junie die deure van die eerste Las Iguanas in Johannesburg oop maak.
Gold Brands, die breinkind van restaurant-industrie veterane Stelio en sy vrou Praxia, is in 2012 ontwikkel en het intussen een van die voorste kettinggroep maatskappye in Suid-Afrika geword. Saam met die bestaande handelsname soos Chesanyama, Blacksteer, 1+1 Pizza Pasta, Opa! Pitaland, en Chicken Wild Wings het die maatskappy ook top Britse handelsname van die restaurantgroep Las Iguanas, Café Rouge, Belgo and Bella Italia by hul uitgebreide portfolio gevoeg.
“Minder Suid-Afrikaners kan deesdae weelderige vakansies bekostig en spandeer daarom eerder hul geld deur uit te gaan, “ sê Stelio. “Dit raak al hoe gewilder om te gaan uiteet en Gold Brands is opgewonde om deel te wees van hierdie groeiende mark.”
Die idee agter die handelsnaam was om ’n prettige, gelukkige atmosfeer te skep waar mense kan goed voel oor hulleself en die lewe in die algemeen. Vyf-en-twintig jaar later doen dit steeds presies dit, sê Mos Shamel, besturende direkteur van die restaurant Las Iguanas, wat vir die eerste keer in 1991 in Bristol Brittanje sy deure geopen het. Die groep, bekend vir sy helder kleure en lewendige atmosfeer, besit nou 53 restaurante wêreldwyd en is’n Britse instelling met ’n hoogs gerespekteerde naam.
’n Uitgebreide lys van skemerkelkies wat spog met ’n verskeidenheid klassieke Suid-Amerikaanse drankies soos mojitos, caipirinhas en margaritas, vorm ’n integrale deel van hulle identiteit.
Die ete-spyskaart put inspirasie uit opwindende geure dwarsoor Suid-Amerika, met ’n groot verskeidenheid tacos, asook ’n seleksie van klassieke Meksikaanse geregte en tapasvoorgeregte, onder die gunstelinge. Las Iguanas se Buenos Aires burger het ook die Britse Restaurant Tydskrif se Nasionale Burger Toekenning vir 2017 gewen.
Mark Nelson, besturende direkteur van ketinggroepe en konsessies by CDG, sê: “Ons is verheug oor die geleentheid om ons handelsmerke na Suid-Afrika te bring en sodoende ’n nuwe gehoor te bereik. In Brittanje word ons handelsmerke as hoë kwaliteit gunstelinge beskou en ons is vol vertroue dat ons in hierdie nuwe mark gaan floreer.
Las Iguanas sal sewe dae per week oop wees vir ontbyt, middag- en aandetes, met daaglikse spesiale aanbiedinge. ‘n Kindermenu, ontwerp in samewerking met Aardman animasies, die wêreldbekende animasiemaatskappy agter Wallace & Gromit en Chicken Run, is ook beskikbaar.