Een keer per jaar maak die US Woordfees-bestuur Ryneveldstraat op Stellenbosch toe; pak die tafels en stoele uit en dan word daar onder die eikebome gekuier.
Maryke Roberts
Dis alles in die gees van die kunste, die tale van mense se harte, samewerking en groei. Die gewilde Langtafel-geleentheid is gisteraand op die dorp gehou.
Die bome word met vrolike ligte behang, die musikante maak keel skoon en instrumente word ingestel, terwyl die glasies vol wyn geskink en die borde vol kos geniet word.
Tussen die gelag, gekuier en musiek deur, verwelkom die universiteit- en Woordfees-bestuur die gaste en deel hul drome vir die US Woordfees wat elke jaar vir 10 dae die dorp in ‘n kulturele mengelmoes omtower.
Vanjaar se US Woordfees word vir die 17de keer gehou en die tema is “Bly” – hetsy jy bly is om daar te wees; daar is om te bly, of hoe ookal, die volgende 10 dae is propvol teater, kuns, musiek, besprekings en boeke – in jou taal, in jou kraal.
Die US Woordfees duur tot 13 Maart.
Alette Aucamp, Hette-Lize Marshall, Erna Verwey, Saramien en Piet Dekker.
Kunstenaars Richard van der Westhuizen en Andrew Roos.
Gisteraand is gaste deur verskeie Big Bands vermaak.
SOURCES
Clifford Roberts