4 stemme, 2 musikante, 18 gedigte. Landskap vertel stories ég aan ons land en sy mense en speel met unieke temas van die Suid-Afrikaanse kultuur.
Die sielvolle produksie het weggestap met die WoordTrofee-toekenning vir “Beste Woordkunsproduksie” tydens die 2017 Woordfees in Stellenbosch. Vier stemme skep ’n landskap van musiek met toonsettings van onder meer Antjie Krog, Koos du Plessis, Eugene Marais en Breyten Breytenbach, Sheila Cussons, NP van Wyk Louw, Boerneef en Fanie Olivier.
Die bekende gedigte word opnuut gehóór en omsoom met ’n melodie wat musiek so deel maak van die teks. Alle kulture van die Suid-Afrikaanse landskap word besing; van Mabalel, “Last Grave at Dimbaza”, tot die Khoi-gedig “Nuwe maan”, asook ’n Griekwa-Psalm en ’n Boerneef-gedig wat die Kaapse landskap besing. Só bring die musikale ritmes en akkoorde nuwe vlerke aan van die mees bekende tekste uit ons land se poësie-skatkis.
Daarmee saam die beeldskone, visuele interpretasies van die gedigte deur die talentvolle grafiese-ontwerpkunstenaar, Rudi Silbermann, en jy skep ’n atmosfeer wat nóg meer dinamiek en diepte gee aan die gedigte. Kom vier saam die beeldskone tekste van ons mees gevierde Afrikaanse digters en luister na klassieke Afrikaans soos “Huisie by die see”, dié keer met ’n nuwe Afrika-ritme.
Bespreek jou kaartjies NOU by Computicket
Belangrike inligting
Waar: kykNET Konservatorium @ Aardklop Kunstefees
Wanneer: 3 Oktober 17:30 | 4 Oktober 15:00 | 6 Oktober 09:30 | 7 Oktober 12:30
Kaartjies: R130
Duur: 75 min