Dis toe ‘n Delft-troukoek wat die enigste doring onder die rose die titel as wenner van Koekedoor 2, kykNET se werklikheids-bakkompetisie, gekos het en na Corli van Pretoria laat gaan het. Die Kapenaar Wessels was naaswenner in die finale episode wat op 7 Julie uitgesaai is.
Maryke Roberts
Corli Botha is die land se nuwe bakliefling. Die beoordelaars wat haar troukoek gekies het – Mari-Louis Guy, Tiaan Langenegger en Tannie Elizabeth Cloete – het beslis dat Corli se “mooi-van-buite”, netjies-afgewerke troukoek met keurige delikate versiering die ietwat rustieke, “mooi-van-binne”-koek van Wessels getroef het.
Corli wen nie net die titel as Suid-Afrika se beste amateurbakker nie, maar ook die grootste prysgeld ooit in ‘n Suid-Afrikaanse bakkompetisie. Sy ry huis toe met die nuwe Suzuki Ciaz-sedanmotor, R200 000 kontant, ‘n Human & Rousseau-kookboekkontrak en ‘n Rolkem/Capsicum-suikerkuns-kursus van R50 000. Haar kook- en bakboek, Corli se Kombuis, verskyn op 16 Augustus.
Naaswenner Wessels, kry ook ‘n snytjie van die koek: R50 000 kontant van Safari Dried Fruit en ‘n suikerkursus ter waarde van R35 000. Soos Corli, neem Wessels ook Kenwood-toerusting as prys in die eerste episode huis toe (wat die raserige een vervang het waarmee hy al jare lank bak en sy bure wakker gehou het).
Die geleentheid is in Kaapstad gevier saam met ‘n kuier met al 10 Koekedore; opnames deur die program, Bravo; die bekendstelling van Koekedoor 2, die bakboek met 120 resepte uit die reeks; en die verrassende nuus van die nuwe Kokkedoortjie, ‘n kook- en bakkompetisie vir kinders tussen 9 en 13 jaar. Inskrywings is nou oop.
Koekedoor 2, die bakboek, wat in samewerking met Human & Rousseau uitgegee word, is van 21 Julie op die rak.
Koekedoor is verfilm op Twee Jongegezellen-landgoed buite Tulbagh. Die ander deelnemers was Sanet van Saldanha, wat tot die semi-finaal deurgedring het, Kanya van Melkbosstrand, Wilandi van Port Elizabeth, Tara van George, Anja van Delmas, Suretha van Pretoria, Martie van Bloemfontein en Elmarie van Sasolburg.
Corli Botha en haar man, Gary, die oud-Springbok rugbyspeler.
Beoordelaar Tannie Elizabeth Cloete en sjef en kosredakteur, Herman Lensing.
Wessels, die naaswenner van die reeks en beoordelaar Mari-Loui se broer, Callie Maritz.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.