Die klassieke verhaal van HEIDI word vir die eerste keer in Afrikaans op die silwerdoek vertoon! Die rolprent is oorspronklik in Duits verfilm met Afrikaanse stemwerk deur Jenna Dunster (Heidi) Charlene Brouwer (Klara), Louis van Niekerk (Oupa), Rolanda Marais (Juff. Rottenmeier), Ruan Wessels (Peter), Anel Alexander (Tante Dete) en Sandra Prinsloo (Klara se ouma).
Heidi, ’n weeskind, bring haar gelukkigste tye as kind by haar eksentrieke oupa, Almöhi, deur. Hy woon in ’n eenvoudige huisie in die Switserse berge, afgesny van die buitewêreld. Sy en haar vriend Peter pas saam Almöhi se bokke op en die vryheid wat die berge hulle bied, geniet hulle terdeë. Maar hierdie sorgelose dae kom tot ’n einde toe Heidi deur haar tante Dete na Frankfurt geneem word. Die idee is dat sy by die ryk mnr Sesemann en sy gesin moet inwoon en ’n maatjie vir sy dogter Klara, wat in ’n rolstoel is, sal wees. Sy kan dan terselfdertyd onder die wakende oog van die streng kinderoppasser, Fräulein Rottenmeier, leer lees en skryf. Hoewel die twee dogtertjies gou maats word en Klara se ouma ’n passie vir boeke by Heidi laat ontwaak, word haar verlange na haar geliefde berge en Almöhi by die dag onuithoudbaarder …
Heidi is deur Uli Putz en Jakob Claussen van Claussen+Putz Filmproduktion (Krabat, Jenseits der Stille) enReto Schaerli en Lukas Hobi van Zodiac Pictures (Stationspiraten, Achtung, fertig, WK!) in samewerking met STUDIOCANAL Film GmbH vervaardig. Dit is die tweede keer dat die vervaardigers en regisseur Alain Gsponer, saamwerk. Hulle het ook Das kleine Gespenst – die suksesvolle rolprentverwerking vanOtfried Preußler se kinderboek – saam verfilm.
STUDIOCANAL reik Heidi wêreldwyd uit en Times Media Films versprei die rolprent in Suid-Afrika.
Heidi geniet ook die ondersteuning van FilmFernsehFonds Bayern, Mitteldeutsche Medienförderung, Filmförderungsanstalt, Deutscher Filmförderfonds, die Federal Office of Culture, die Zurich Film Foundation, Schweizer Radio und Fernsehen (SRF), Radiotelevisiun Svizra Rumantscha, Teleclub, die kantons van Grisons en Lucerne, Suissimage en die MEDIA Programme.
Klik hier om die lokprent van Heidi te kyk:
Drie gelukkige Vrouekeur-lesers staan die kans om Heidi-geskenkpakke te wen! Klik hier om in te skryf
Heidi word 2 September in Suid-Afrika uitgereik. Hier vertel Henrietta Gryffenberg, Anel Alexander en Jenna Dunster ons meer oor hul ervaring met die oorklankingsproses
Henrietta Gryffenberg gesels oor gesoute akteurs, Sandra Prinsloo en Louis van Niekerk en hul vertolkings in die oorklanking van HEIDI
<br>
 
Charlene Brouwer gesels oor haar vertolking van Klara in HEIDI en hoe kosbaar hierdie storie nog vir haar is!
Henrietta Gryffenberg en Rolanda Marais oor die oorklankingsproses van HEIDI wat 2 Septembers in fliekteaters begin draai