In die tyd wat algemeen bekend is as die middel-Barok (1630-1680) het konserte aan die Franse hof en ander openbare uitvoerings al meer gewild geraak en was daar ’n groeiende aanvraag vir instrumente vir kamermusiekuitvoerings. En met die aanmoediging van die “Sonkoning” het Frankryk (en ander lande in Europa) se musiekbedryf geskitter.
Johan Myburg
Komponiste uit dié tyd sluit in die Duitse Dietrich Buxtehude (1637-1707), die Engelse John Blow (1649-1708), die Italiaanse Arcangelo Corelli (1653-1713), die Duitse Johann Pachelbel (1653-1706) en die Franse Marin Marais (1656-1728) oor wie die Franse regisseur Alain Corneau in 1991 die knap fliek Tous les matins du monde gemaak het. Gérard Depardieu vertolk die rol van die bejaarde Marin. Kyk hier na die lokprent:
http://www.tcm.com/mediaroom/video/183654/Tous-les-Matins-du-Monde-Original-Trailer-.html
Dido se laaste aria, “When I am laid in earth”, uit Henry Purcell se Dido and Aeneas is sekerlik die bekendste deel van dié werk en daar bestaan talle opnames deur die wêreld se voorste vertolkers, deur mezzosoprane soos Janet Baker, Victoria de los Ángeles, Tatiana Troyanos, Teresa Berganza, Anne Sofie von Otter en Susan Graham. Voeg daarby soprano soos Emma Kirkby, Jessye Norman, Catherine Bott, Lynne Dawson en Evelyn Tubb.
Luister hier na ’n opname met Janet Baker. Sy word bygestaan deur die St. Anthony Singers. Die English Chamber Orchestra word gedirigeer deur Anthony Lewis.
[iframe width=”350″ height=”263″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/RYPv7Zc7EVE?rel=0″ allowfullscreen=””]
Daar is ook die opname met Jessye Norman in die rol van Dido. Die English Chamber Orchestra word gedirigeer deur Raymond Leppard.