Luister na Vaughan Williams se Fantasia on a theme of Thomas Tallis, uitgevoer deur die BBC-simfonieorkes onder leiding van Andrew Davis.
Johan Myburg
Luister na Vaughan Williams se Fantasia on a theme of Thomas Tallis, uitgevoer deur die BBC-simfonieorkes onder leiding van Andrew Davis.
Die “Gloria” uit Palestrina se Magnificat is die basis van die Paassang “Victory (The Strife Is Over)”.
Hier is twee video-opnames van John Dowland se lied “Come Again, sweet love doth now invite” . Eerstens dié van Steven Rickards (kontratenoor) en Dorothy Linell (luit)
en dan ook dié van Sting en Edin Karamazov (luit)
Luister hier na Hans Leo Hassler se “Mein G’müt ist mir verwirret” uitgevoer tydens die Garden of Delight-konsert in die St Mary’s Episcopal Church, Pacific Grove, VSA.
Luister hier na Johann Sebastian Bach se “O Haupt voll Blut und Wunden” uit die Matteus-passie, uitgevoer deur die Collegium Vocale Gent onder leiding van Philippe Herreweghe.
In 1975 het die Amerikaanse sanger Paul Simon die einste melodie ingespan vir sy “American Tune”.
As jy ’n CD-opname van Dowland wil aanskaf, kan jy dié een van La Nef met die tenoor Michael Slattery oorweeg: Dowland in Dublin. Die consort bestaan uit Sylvain Bergeron (luit), Sean Dagher (chittarone), Gregoire Jeay (fluite), Alex Kehler (vedel), Amanda Keesmaat (baroktjello). ATMA Classique ACD2 2650. Hier is ’n video-opname van La Nef se “Come Again”.